[Spotprent] HuffPost en die ‘omstrede’ blogger

Die ware identiteit van Shelley Garland, die skrywer van die omstrede blog wat deur die Huffington Post geplaas is en wyd kritiek ontlok het, is Woensdag bekendgemaak. Die skrywer se omstrede blog het geargumenteer dat wit mans vir minstens twee dekades hul stemreg ontsê moet word en dat hulle blameer moet word vir Brexit.

Shelley Garland is eintlik Marius Roodt (37), ʼn navorser by die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming (CDE) in Johannesburg.

The Huffington Post SA is intussen by die persombudsman verkla in verband met ʼn omstrede meningstuk. Die blog is vroeër deur die webwerf as ʼn “standaard-feministiese teorie” bestempel voor dit verwyder is.

Sien alle vorige spotprente.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Erick ·

Suid-Afrika is keelvol vir liberale leuens en propaganda wat net wil besmet, verniel en verwoes.

Gerhard ·

Die ou het dit gedoen om aandag op die media te vestig. Die stuk was nie sy mening nie.

Jenna ·

Die Pillay vrou was die ergste. Ja eerstens is die oorspronklike skrywer uitgevang, en JA dit was smaakloos, maak nie saak wie hy wou ontbloot nie, hy het die steeds stygende anti-wit-man sentiment net verder aangeblaas. Die eintlike persoon wat my skok is Me. Pillay wat actually met hom saamgestem het, en die valse inligting en statistiek GEREGVERDIG het. Raak ontslae van die hele spulletjie dit was onverantwoordelik en daar IS NIE MEER plek vir rassisme/seksisme op hierdie vlak nie, mense word daagliks vermoor agv hiervan, en almal dink die man is ‘n hero!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.