[Spotprent] Persvryheidsdag

Persvryheid word vandag gevier te midde van toenemende kommer wêreldwyd.

Die toestand het in nagenoeg twee derdes van lande die afgelope jaar versleg, het Verslaggewers Sonder Grense in hul jaarlikse verslag gesê. Persvryheid word as “baie sleg” beskou in 21 lande en “sleg” in 51 lande. Die toestand het in 62,6% van die 180 lande, wat in die opname ondersoek is, versleg, volgens die nie-regeringsorganisasie.

Spotprent deur Jerm (3 Mei 2017)


Sien alle vorige spotprente

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

Persvreiheid! SA kom nie eers naby aan Vryheid van spraak nie. Of moet ek sê, dit hang van die kleur van jou vel af.

Neels Malan ·

Ek het onlangs tot die skokkende ontdekking gekom dat die Mediabase self die grootste bedreiging vir Mediavryheid is, en nie die regering met sy wette nie. Baie mense, en veral die Media, glo dat as jy die Media kritiseer, val jy mediavryheid aan. Volgens hierdie siening is die Media dus bo kritiek en selfs bo die wet verhewe. Neem as voorbeeld Donald Trump se kritiek op die gevestigde Media in die VSA. Hulle beweer luidkeels dat hy persvryheid bedreig. Intussen glo die media-magnate van CNN, MBNS, New York Times ens, dat hulle ‘n VSA president kan maak of breek. Hulle is verkeerd bewys. Terwyl die Volksblad (Media24) Trump kliphard verguis het, kon mens onafhanklike menings hieroor op Maroela Media te lese kry. Ek kry al my buitelandse nuus van die sosiale media, veral Facebook en onafhanklike kommentators soos Hannity, ens. Ek gebruik Fox ook (die Murdochs) maar slegs solank hulle billike dekking bied. Maroela, julle is die toekoms (elektroniese media vs gedrukte media). Maar onthou: Julle word OOK beoordeel. Julle is slegs vry om billike dekking te verleen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.