Tekenprent: AfriForum bied bystand aan Mugabe-slagoffer

Die burgerregteorganisasie AfriForum sal Gabriella Engels en haar gesin bystaan in hul soeke na geregtigheid, nadat dié 20-jarige model van Johannesburg beweer het sy is Sondag deur die Zimbabwiese presidentsvrou Grace Mugabe aangerand. AfriForum het besluit om Engels by te staan omdat sy ʼn rolmodel vir baie Suid-Afrikaners is. “Baie mense is bang om te baklei vir geregtigheid wanneer die oortreder iemand in ʼn magtige posisie is. Nie enigiemand sou bereid wees om in so ʼn situasie standpunt in te neem nie, maar Gabriella was bereid om dit te doen. En daarom is dit vir ons ʼn eer om haar by te staan,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, het gesê AfriForum sal die vordering van die saak monitor en seker maak dat die nodige en korrekte vervolgingstappe gedoen word.

Sien alle vorige tekenprente op Maroela Media.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Europa ·

Die gebeure oor Engels en Mugabe het die oorseese nuus gehaal, word bevestig dat Mugabe terug kon gaan na Zimbabwe en dat sy nie vervolg word nie, sy het immuniteit gekry van die regering van Suid Afrika.

Frans Jacobs ·

Die optrede van Afriforum is n toonbeeld van opportunisme. Gegee die doel en strewe van Afriforum is ek persoonlik van mening dat dit geen doel sal dien om betrokke te raak by hierdie bek geveg nie.

julius ·

Frans ek het self gewonder of dit nog die moeite werd is om lid te wees as ons geld vir sulke onbenuligge goed gemors word.

Adam ·

Frans, toe ek gister dieselfde opinie geopper het is ek aangeval. Jy is totaal korrek met jou “opportunisme” argument. Die saak teen Grace is ‘n starfsaak en die staat is dominus litis en Gerrie Nel kan niks doen alvorens die staat nie ‘n sertifikaat nolle prosequi uitgereik het anders as om soos ‘n waghondjie te sit en kyk wat gebeur nie. Afriforum doen goeie werk, maar die tipe opportunisme laat ‘n bitter smaak in die mond, veral terwyl daar knellende aangeleenthede is wat dringend aandag benodig.

Paul ·

Net soos MM begin Afriforum se onderrok uithang. Gedog hulle sou hulle eerste kans met Gerrie gebruik om voordeel te gee aan hulle betalende lede maar nee…..nie ‘n woord oor plaasmoorde die week nie. Hulle herinner my aan ons tweegat leiers van weleer……

Sakkie van der Merwe ·

Paul mens vertrou die mense se oe gaan oop. Wie en wat is die “dame” wat in die nag saam met Mugabe se kinders “kuier”? Nou word haar saak opgeneem deur AF. Ag nee wat.

Paul ·

Ook by die Kfc aangeklagtes, wat nie gelyk voor die reg behandel word nie ( al is hulle dalk skuldig) Afriforum is bang om ware issues aan te vat, en baie onsuksesvol met dit wat hulle wel aanpak. Hulle geldinsameling projekte is egter van uitstaande gehalte

Adam ·

Nog erger is die feit dat dit totale tydmors is. Grace sal uiteindelik politieke immuniteit kry en Afriforum sal met eier op die gesig sit. Dit is ongelukkig hoe dinge in Afrika werk.

Adam ·

Nog erger is die feit dat dit totale tydmors is. Grace sal uiteindelik politieke immuniteit kry en Afriforum sal met eier op die gesig sit. Dit is ongelukkig hoe dinge in Afrika werk.

Pieter Meyer le Roux ·

Die kortsigtigheid waarmee hier kommentaar gelewer word is skrikwekkend. Kan julle visielose sleutelbord-krygers nie verder dink as wat julle neuse in die lug opgedruk is nie? Die Afrikaner het so min vriende. Afriforum is die grootste. En tog maak julle, hulle af as hierdie idiote wat vir eie gewin optree, sodat julle kan beter voel oor die feit dat julle nie genoeg durf het, of oor genoegsame intellektuele kapasiteit beskik, om iets aan ons lot te doen nie. Al waarvoor julle kans sien is om op julle dik fondamente te sit en teem. As julle domastrante houdings my nie so kwaad gemaak het nie, sou ek julle dalk jammer gekry het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.