Tekenprent: AfriForum bly warm op Duduzane se spoor

AfriForum het beplan om Duduzane Zuma privaat te vervolg nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) aanvanklik besluit het om Zuma nie te vervolg nie. Die NVG het van plan verander om hom te vervolg nadat AfriForum hul voorneme om dit wel te doen, bekend gemaak het.

Zuma word aangekla in verband met die dood van twee passasiers van ʼn minibustaxi in Februarie 2014. Hy staan tereg op twee aanklagte van strafbare manslag, asook ʼn aanklag van nalatige bestuur. Hy het Donderdag vlugtig in die Randburg-landdroshof verskyn. Die saak is tot 23 Augustus uitgestel. Zuma is Maandag op borgtog van R100 000 vrygelaat nadat hy in die hof verskyn het op aanklag van korrupsie.

Adv. Gerrie Nel, wat ook as “die bulhond” bekend staan, sal die privaat vervolging namens AfriForum hanteer indien die NVG nie met sy vervolging voortgaan nie.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Oulik gedoen. Kon nie help om te lag nie! Ek hoor sommer hoe snuffel en snuif die hond. Maar daai portretjie teen die muur van Zuma met sy knopkop vat die koek.

Alida ·

Ry hom hy is nie verhewe bo die wet nie. Pappa het mos self gese niemand is verhewe nie. Roer hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.