Tekenprent: AIG-borge onttrek

Toyota Suid-Afrika het vandeesweek aangekondig dat hy ook sy borgskap van Afrikaans is Groot (AIG) gaan beëindig. Dit het gevolg ná MTN bekend gemaak het dat hy alle bande met die AIG-handelsmerk verbreek het ná druk deur sosiale media op die maatskappy omdat die sanger Steve Hofmeyr by die konserte optree.

AIG het daarop reageer en gesê die hoofborg van AIG sal vanjaar die publiek wees. ’n Eksklusiewe vertoning, genaamd #JouAIG, word vir 28 November beplan waar 6 000 kaartjies teen R800 elk aangebied sal word.

Lees alle berigte oor Afrikaans is Groot op Maroela Media.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Die tekenaar slaan die spyker op die kop. Ruggraatloos maar AIG staan vas oor Steve. Mooi man trots Afrikaans.

Koos ·

Wat ‘n klomp snert? As die publiek in elk geval betaal is dit nie geborg nie.

Francois ·

Borgskap is net die betaling van geld vir spesifieke doel uit enige bron. Insluitend die publiek. Wat anders is daai vormpie wat jy invul vir die donasie vir rugbytoer van ‘n skool. Dit is borgskap. Belofte om geldelike teenprestasie te doen. Besighede doen dit om reklame te kry daardeur en is belasting aftrekbaar. Deur egter jou borgskap op klok te sit met voorwaardes wat nie sin maak nie, is die ontrekking die mees vernietigendste bemarking denkbaar. Castle het nie sy krieket borgskap gestaak oor Muslim in die Protea span geweier het om die logo te dra nie. Mens noem dit diskresie. Deur spesiale vertoning net om die borge se deel te verhaal vervang die publiek wat kaartjies koop die borgskap. Dit kan ook donasie wees as die persone besluit om nie dit by te woon nie. Baie van die kaartjies sal gekoop word deur mense wat reeds dit bygewoon het. Kan dit dalk skenk vir kinderhuise of bejaardes om by te woon. So ek keur die woord snert af met die oningeligte minagtig wat dit verdien af.

Andre ·

So bly ek ondersteun nie Toyota nie…..hierdie afpersing van kunstenaars is totaal onaanvaarbaar, gee my n naar gevoel, maar bewys net hoe slapgat besigheid geraak het deur toe te gee…..een van die dae is die leuse vir Toyota, Alles loop weg, heeltemal weg…vir altyd! Jammer, dit sal seker in Engels wees, want hul is mos nou teen Afrikaans……..

Slim Koos ·

As ek ‘n besigheid het en die groep wat 80% van my wins inbring, is ongelukkig oor iets wat ek doen, dan gaan ek dit eerder regmaak en dalk van die ander kliënte verloor wat net tot 20% van my wins bydra. Dit maak net besigheidsin. As jy die grootbaas van Toyota was, sou jy heel waarskynlikheid dieselfde besluit geneem het. Maak 20% ongelukkig en bly in besigheid, of maak 80% ongelukkig en gaan onder….

Dom KOos ·

ek verstaan nie hoekom moet jy 80% GELUKKIG maak deur AFrikaans is groot te DROP nie . Dit maak nie sin nie . het al die swart kliente gese hulle moet AIG drop anders koop hulle nie by hulle nie? Hoe bring jy die kloutjie by die oor uit? Die BESIGHEID het dit besluit .. nie die kliente nie .. omdat hulle rassisties is en anti-Afrikaans . .. Ek dink julle onderskat steeds die koopkrag van die blanke .. wonder hoeveel swartmense ry TOYOTAS teenoor die blankes wat die duurste modelle besit?

Pitty ·

Ons moet nie kwaad word vir hierdie besighede nie. Hulle gebreuk net n rede om uit dit uit te kom weens n gebrek an finansies. Ek dink hulle het nie meer geld nie om kop bo water te hou. Wat anders kan dit wees om hulle kopers teleur te stel omdat hulle nie Afrikaans ondersteun nie.

Co ·

Ek stem saam Pitty, sien toyota het hul 1/2 maraton borgskap in Pretoria na jaaare ook gestop. Lyk Ford en VW is besig om hulle ‘n taai tyd te gee. Snaak maar die “previously disadvantaged” ry nie eintlik toyoyas nie, hulle like Volvo’s Mini’s, Bm’s, Jaguar’s, Porche’s en Lamborgini’s.

ZJ ·

Ek is so bly ek ondersteun nie een van die twee Maatskappy nie. Hulle gee niks om vir ons taal ens nie. Hou aan met wat jy doen Steve. Jy is n yster my vriend.

Ruiklont ·

Indien regverdigheid vir jou saakmaak, koop nooit weer ‘n Toyota

Juan Pieterse ·

En hier sit ek met n toyota in my garage, stel enige iemand beland om te ruil vir n krywa

Marie ·

Yep….ek het ook ‘n kruiwa. Miskien kan ons nog iemand kry wat wil ruil….?

KG ·

Klink vir my meer asof al die besigheide polities korrek probeer wees. Baie goed wat die blanke sê word soms heeltemal uit verband geruk.

Valkoog ·

KG dis nie politiese korrekheid nie maar eerder ‘n vorm van wins soek deur te kruip waar selfs die miskruiers wegbly.

Trots Afrikaans ·

Ek is bereid om ‘n R800 kaartjie te koop van die geld wat ek spaar deur nie weer Toyota te koop nie…..

Francois Joubert ·

Dit is in elkgeval net armgatte wat goedkoop Japanese karre ry. Mense met boggorall smaak.

Tant Ralie ·

En General Motors het ons ook maar lekker in die steek gelaat.

Ben ·

Hoekom word daar niks gese oor die Boere wat bleikbaar, toyota reeds laat weet het, dat hulle nie weer toyota sal koop nie.

Jacques die Goodwoodianer ·

Koop ñ Ford. Hy lek dalk olie maar hy sal jou darem nie in die steek laat nie.

Ou Spyker ·

Ek dink die ook hoogtyd dat MTN en Toyota ook deurloop soos Spur.

Anoniem ·

Ons probleem ons nou net toyota gekoop – so 2 maande gelede – en weens finansiele omstandige kan ons dit nie verkoop om ander voertuig te koop. Wag net vir my MTN om die maand te verval gaan ook daar weg

Badie ·

Wies brood jy eet, wies woord jy spreek. Sterkte Steve! Doet so voort!

Sommer Vies ·

En Media24 spring toe ook op die band wagon. Het pas my subskripsie gekanselleer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.