Tekenprent: Amerika in rou

Daar is bekend gemaak dat die massaskietery in El Paso, Texas, as ʼn terreursaak hanteer sal word. Die voorval word as ʼn haatmisdaad geklassifiseer en indien die skieter hieraan skuldig bevind word, kan hy die doodstraf opgelê word.

Dié aanval het etlike ure voor die massaskietery in Ohio plaasgevind en 20 mense is doodgeskiet en 26 gewond. Die voorval het in ʼn Walmart-winkel plaasgevind.

Minstens 125 mense is reeds vanjaar in massaskietvoorvalle in die VSA dood.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Skoolgeld ·

Niks! Dis nie sy skuld nie! Hierdie is nie eers nuus in verhouding met die duisende wat doodgeskiet is in SA vir die 2019 nie.

HPV ·

Persoonlik glo ek ons moet liewer bekommerd raak oor 57 mense wat elke dag hier vermoor word en ons tel voort.

Andre C ·

Ek sal graag wil weet waar staan SA se aangemelde moorde in verhouding met die VSA

Outoppie ·

Dis 3 of 4 naweke in die “Cape Flats” se dodetal, en wat van die 3000 mense wat vanjaar in “gun free” Mexico doodgeskiet is ? Geen haan het daaroor gekraai nie . . . Ons moet eerder oor ons eie misdaad bekommer, as om oor ander lande se misdaad te redekawel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.