Tekenprent: ANC wil bande breek met Israel

Die regering het sy ambassadeur in Israel met onmiddellike inwerkingtreding onttrek tydens ’n dag van gevegte tussen die Israeliese magte en Palestyne wat tot die dood van minstens 58 mense in die Gasa-strook gelei het. Ongeveer 2 700 mense is tydens die geweld beseer.

Die ANC-jeugliga het intussen ook ʼn beroep gedoen op die regering om alle diplomatieke bande met Israel te verbreek.

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het die skuld vir die Palestynse sterftes vierkantig voor die deur van die Israelse sekerheidsmagte en die Amerikaanse president, Donald Trump, gelê. Trump se besluit om die Amerikaanse ambassade in Israel te verskuif van Tel Aviv na die ooste van Jerusalem, wat nie deel is van die gebied wat in 1948 aan die Jode gegee is nie, was die katalisator vir die huidige protesoptrede.

Lees alle vorige berigte oor Israel op Maroela Media.
Sien alle vorige tekenprente.

Grafika: Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pasop ·

Suid-Afrika moet maar eers voor sy eie deur vee voordat hy sy neus in ander lande se sake indruk. Hy sukkel om sy eie land behoorlik te regeer. Dit sal dalk ook wys wees vir Suid-Afrika om nie die VSA verkeerd op te vryf nie.

Riool ·

SA kan nie eers sy eie riool ordentlik bestuur nie wat nog te sê van die landsbestuur.

Akademi Buktu ·

Sou dit gebeur – wonder wie gaan die hardste skreeu oor werk en inkomsteverliese.? En op hoeveel plekke gaan die spotprent hierbo geaktiveer word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.