Tekenprent: Beurtkrag duur voort

Suid-Afrikaners kan hulself staal vir ʼn werksweek met volgehoue beurtkrag wat na verwagting minstens tot Donderdag toegepas sal word.

Die kragvoorsiener Eskom het gesê hy het egter geen ander opsie as om beurtkrag vir die volgende vier dae toe te pas nie weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit. Dit is weens ʼn kombinasie van faktore, insluitend ʼn dieseltekort by kragstasies, die verlies van agt opwekkingseenhede by steenkoolkragstasies en twee kraglyne van die Cahora Bassa-hidroëlektriese skema in Mosambiek wat weens sikloon Idai afgesny is.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

James ·

Laat hy val. Ek verduur ook die kragonderbrekings – en nee – ek is nie een van die gelukkiges met duisende rande se kragopwekkers / sonpanele ensomeer nie:

Maar ek se weer: LAAT HY VAL.

Waarskynlik sal Eskom se dood, ook die dood van die 1994 eksperiment aankondig.

Ek vat die pyn met ‘n glimlag – solank dit help om hierdie siek, verrottende plek finaal tot puin te bring.

Dan kan die wat weet hoe – van voor af bou. MET GRENSE.

Gys ·

Amen op daai een James.
Die enigste ding wat my effens pla van ‘n eie gebied, is dat dit waarskynlik net ‘n kwessie van tyd is voordat daai gebied ook weer weggegee word.
Dis mos wêreldwyd wittes se probleem.
Hopeloos te vrygewig.
Probeer mos altyd ander ten koste van hulself help.

Andreas ·

Die ANC en entiteite het my innige simpatie, hulle het enorme agterstande om in te haal. Hier, nou weer, is dit weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit dat ons met beurtkrag sit en as gevolg daarvan die ekonomie wat niemand aan die gang kan kry nie. Ek het nog nooit ‘n regering gesien wat met soveel uitdagings sit nie. Hulle is ongelooflike swak kaarte gedeel. As ek hulle was het ek die hand ingegooi. En die belasting om als die hoof te bied, kom net van ‘n handjievol af.

Arie ·

Die petrol prys sal seker ook binnekort styg asgv die storm in Mosambiek, hulle kan wegkruip agter wie hulle wil maar daar is net een skuldige – die ANC

John ·

… swak kaarte gedeel… foei, foei… wie het die kaarte uitgedeel? Hoe lyk dit met die aanstel van of die behoud van bekwamer werkers en die aanwend van geld vir die herstel van opwekkers wat soos ons almal weet gereeld versien moet word. Private kragopwekking word verbied… net Eskom… Maar hulle sal aanploeter, stories spin en bonusse betaal vir duisende… Nou is die storm duisend km van hier die oorsaak.

Andreas ·

John, en as ek elders reg gelees het, het Eskom 2 dae se diesel igv ‘n gebeurlikheid in reserwe gehad. Nou wat wou hulle daarmee in geval van nood bereik, my laaitie se elektriese treintjie op sy spoortjies in die sitkamer aan die gang hou?

En toe lyk dit my klim Cyril vanoggend op ‘n elektriese trein. Ek dag hy sou in die dae net op diesel en gas vertrou. Dis die visie wat onse Pres het.

Andreas ·

John, en as ek elders reg gelees het, het Eskom 2 dae se diesel igv ‘n gebeurlikheid in reserwe gehad. Nou wat wou hulle daarmee in geval van nood bereik, my laaitie se elektriese treintjie op sy spoortjies in die sitkamer aan die gang hou?

En toe lyk dit my klim Cyril vanoggend op ‘n elektriese trein. Ek dag hy sou in die dae net op diesel en gas vertrou. Dis die visie wat onse Pres het.

Haas Das se nuuskas ·

Ek ruik ń rot met beurtkrag . Hoekom sal “National grid control” dan soos laasnag nog vir “Unit Controllers” van die kragstasies beveel om krag af te gooi. Dit is vermindering van krag.
Maak mos nie sin om minder krag te lewer as die eenhede bevoeg is om meer krag op te wek nie.
Gordhan word ń wind gevoer en hy is te oningelig om te weet wat aangaan.

joe ·

Jerm se spotprente kan net nie met die van Shapiro en ander vergelyk word nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.