Tekenprent: Boer soek ʼn plaas

Organisasies het hul kommer uitgespreek oor Gwede Mantashe, voorsitter van die ANC, se uitlating dat ʼn beperking op grondeienaarskap ingestel moet word. Boere sal volgens dié bepaling tot 12 000 hektaar grond beperk word.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eish ·

Dit is nie baie goeie smaak nie.
Vergelykbaar met n skole sportbyeenkoms waar die leerlinge van Mitchelsplein nie wegspring met die skoot van die afsetter nie, maar dekking soek.

Swartluiperd ·

Met ander woorde as ek n bicicle het mag ek nie n donkiekar of perd besit nie. Dis nou waarop dit neerkom. Anc wil jou vryheid van eiendom beperk, S.A is te klein vir al ons boere. Help my asb reg my kop is dalk te plat om te verstaan.

marous ·

Skrik maar weer . Volgende week is daar ‘n ander prater wat dit beperk tot 500 hektaar dan 10 hektaar dan ‘n groen plastiekoortreksel so groot as ‘n kruiwa om twee tamaties onder te plant .

LouE ·

As ek moet kies – hulle vat my plaas sonder vergoeding of ek word beperk tot 12000 hektaar dan kies ek 12000ha. Watter ander keuses is beskikbaar?

IK ·

Ja Mantashe, duidelik werk jy met ‘n politieke brein wat EEN BOER per 12 000 hektaar sien. Jy moet agterkom dat daar BOERE is en boere. Daar is BOERE wat kan boer op 2 milj. hektaar terwyl ekke (boer) nie eers sal regkom op EEN hektaar!!

GM ·

IK, dit was my presiese gedagte gewees. Meeste boere, glo ek, besit baie grond omdat hul kanse gewaag het, bloedgesweet het, lenings aangegaan het, opgeoffer het. Hulle kyk nie net na hulself nie. En dis wat die gewone outjie, wat net grond wil hê, nie verstaan nie. Niks is verniet in die lewe nie. Hulle wil grond wegvat van groot boere, maar dis dié manne en vroue wat die druk kan hanteer, en wat die voedsel voorsien. En soos daar al gesê is, verskillende tipes boerdery, het verskillende groottes land nodig om te kan floreer.
Die slimkoppe moet maar hul ‘mansions’ ook afbreek en eerder woonstelblokke bou, want hoekom het hulle nou soveel spasie in hul huise nodig? Dink net vir hoeveel mense hul blyplek sal kan gee as als so presies uitgewerk moes word soos wat hul met die plase wil doen. Elkeen kry x kubieke meter om ‘n bed en tafel in te pas.

Paul ·

Ek is nie ‘n boer nie, ek is werkloos, ek soek ‘n plaas.

Vic van Wyk ·

12 000 ha in KZN is nie dieselfde as 12 000 ha in die Kalahari nie.
Dit wys net die kaliber van intelligensie waarmee ons te doen het in die regering.
En dít is die kern van die probleem met alles in SA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.