Tekenprent: Buitensporige optrede om jou sin te kry …

Die Oos-Kaapse polisie het Donderdag die lewe van ʼn eenjarige dogtertjie gered toe haar pa haar na bewering van ʼn huis se dak afgegooi het. Die voorval spruit uit ʼn sloopoperasie om 09:30 in die informele nedersetting deur die Nelson Mandelabaai-metro om onwettige strukture te verwyder.

Die 38-jarige pa van die dogtertjie het met haar op die dak van sy sinkhuis geklim om die slopingspan te verhoed om die struktuur plat te slaan. ʼn Metropolisiebeampte kon gelukkig die meisie vang en sy is ongedeerd. Die pa is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord.

Hier is die tekenprentkunstenaar Jerm se interpretasie van die gebeure:

Grafika: Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hasie ·

Ek sidder om te dink watter vlak van desperaatheid mense bereik het. Die regering, die EFF wat goed/grond belowe aan (arm) mense en self in weelde leef. Dink hoe desperaat en magteloos mens moet voel dat jou enigste hoop om gehoor te word, jou eie kind is? En ek is bitter jammer vir die arme kind, wat in elk geval nie n kans in hierdie korrupte land het nie.

Jerry ·

Goeie toneelspel soos georkestreer deur die EFF vir propaganda doeleindes. Jerm slaan die spyker op die kop.

Maria ·

Dit is verskriklik om ‘n klein weerlose mensie so wreed te gooi, niks kan dit regverdig nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.