Castle Lager het Maandagaand op sy amptelike Twitter-profiel aangekondig die maatskappy gaan “in die lig van onlangse gebeure” van die etiket op hul bier ontslae raak in solidariteit met almal wat op ʼn daaglikse grondslag op ʼn onregverdige en gevoellose manier geëtiketteer word. “Hierdie klein daad is ʼn belofte dat Castle Lager sal werk om die etikette wat ons verdeel uit te roei.”
Die veldtog hou verband met ʼn voorval Saterdagaand toe Ashwin Willemse, voormalige Springbokvleuel en SuperSport-spelontleder, tydens ʼn regstreekse uitsending van die stel van ʼn SuperSport-program afgestap het ná ʼn woordewisseling met sy mede-aanbieders.
Miskien moet julle die kleur van die botteltjie ook verander na die rainbow nation wat almal verteenwoordig.Ha Ha
Ek onderneem plegtig om nooit ooit weer Castle bier te ondersteun nie. Politiek en kant-kiesery behoort nie deel van n maatskappy se profiel te wees nie. Dus sê ek tatta vir Castle!
Catle is nou n no-name minderwaardige produk in my oë
Julle moet dan half swart en half wit bottels begin maak en tweedens wonder ek toe julle hierdie emosionele besluit geneem het of julle WEET dat julle geen produk sonder ‘n LABEL mag bemark nie . waar gaan julle nou skryf dat MINDERJARIGES nie die drank mag gebruik nie?? Sommer op die bottel self SANDBLAST of wat? Julle is 24 jaar te laat om die ‘labelling’ aspek aan te spreek, maar wel in tyd om julle politieke korrektheid en simpatie met Ashwin te wys (WAT VERKEERD WAS).
Hulle het hulself nou galabel tot in lengte van dae.
Ek neem eksepsie teen die kleur van die botteltjie – teen die kleure van AL hul bierprodukte se botteltjies, want dit is nie verteenwoordigend van die nasie nie. Amstel Lager se botteltjies is groen, Carling Black Label het “black” in die naam van die produk en se botteltjie is baie donker, Castle se botteltjies is bruin – WAAR IS DIE WIT BOTTELTJIES???????
Oulike spotprent!
Castle politiek laat jou biertjie stink!
Ek hou meer van Windhoek, jammer nog nooit smaak gehad vir jou konkoksie nie.
Ek sal nooit weer enige Castle bier koop nie, ek weet ons gaan seker n handjie vol wees wat dit doen maar dis die idee wat tel.
Nou net my maand se bier voorraad loop koop. Die man wat in die winkel help het sommer uit gewoonte my Castles loop haal. Hy moes maar weer gaan wegpak en Windhoek bring.
So sal dit wees van nou af
Mooi so!
Drink die Namibiese bier genaamd TAFEL – dit smaak baie beter as enige ander bier op ons rakke.
Vertel my gou- hoe kry die ‘Brand’s ‘ dit reg om elke keer in n ras strik te trap – Spur, Castle Mcdonalds ens ens ens …
@JJ In hierdie geval was dit nie ‘n strik nie. Die produkbestuurders van Castle sou gekyk het na die onbenullige markaandeel van Castle by die wit minderheid en al die kredietpunte wat die produk Castle sal verdien by die marksegment wat met swartbewussein identifiseer. En hierdie is hoegenaamd nie die enigste reklamestuk van Castle wat die tema van witpakslae (white bashing) het nie.
Nou sou Castle regtig dink sy aandagsoekery sou sy verkope opskuif? Dit gaan dalk skerp daal….
Hierdie advertensie is nie die enigste reklamestuk van Castle wat al die elemente bevat van witpakslae nie. (Witpakslae is my woord vir “white bashing”.)
Daarby is die maatskappy om te boikot nie die produk Castle nie, maar die moedermaatskappy SA Brouerye.
En witpakslae (white bashing) word nou so ‘n algemene tema in die plaaslike reklameveldtogte dat iemand gerus daaroor ‘n artikel moet skryf.
SAB is nou nes die min-ister v sport…cheers
Polities korrek gaan jou aan die hakskeen byt – wag maar en sien.
Ek drink Whisky, want die Skotte kruip nie gat nie!!!
Meer groot Afrikaanse maatskappye met hul funksies se voorraad aankope moet dit boikot (SAB) en ander bier soorte ondersteun.
So, Castle Lager is nou die selfaangestelde gelykmaker in SA. Of het CR17 iets hiermee te doen? My etiket is dan mos nou ook af. Wit Middeljarige Afrikaans-sprekende BEE Slagoffer. Doen hulle dit nie juis in “solidariteit met almal wat op ‘n daaglikse grondslag op ‘n onregverdige en gevoelose manier geëtikketeer” word nie? Dankie Castle Lager maar ek dink nie jul gaan suksevol wees nie. Kom ons maak ‘n “deal”. As ons nie binne 12 maande gelyk is nie, haal dan die etiket op nek van die bottel ook af.