Tekenprent: Die herrie oor Dove-seep

Dove, ʼn handelsmerk vir skoonheidsorg, het ʼn herrie ontketen met ʼn advertensie op Facebook waarin ʼn swart vrou glo in ʼn wit vrou verander nadat sy ʼn Dove-produk gebruik het. Dove het intussen die advertensie van Facebook verwyder en om verskoning gevra. Lees alle vorige berigte oor Dove op Maroela Media.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Leahim ·

Mense en veral die media is oorsensitief oor ras die alewige polities korrekte houding is ook nou holrug gery leer wat rassisme werklik is en weerhou jou daarvan maar wragtig om te bang te wees om iemand wat swart is swart te noem en om rasisme in die dove advertensie te sien grens aan totale onoselheid.

neels ·

Dit hang af met watter bril jy na die advertensie kyk en in watter deel jy van die bevolking val, maar ja vandat die woord rassime in die volksmond opgeneem is kan jy ‘n rassis onder elke klip en agter elke bossie kry, want die werklike betekennis van die woord is onverstaanbaar vir die meerderheid.

Marthie Armstrong ·

Ek het nie self die advertensie gesien nie – maar duidelik is daar aanstoot geneem. As volwasse besigheidsmense behoort die bemarkers van die produk deeglik bewus te wees van die rasse-kwessies in ons land. Ek hoop net dat indien daar koppe rol dat daar nie blaam-verplasing sal wees en die slimjan/janna nog steeds op sy/haar troontjie bly sit nie.

John ·

Dove-seep laat op sommige mense se vel ‘n onaangename reuk na. Miskien kan die vervaardigers aan daardie proleempie werk, want mens wil sekerlik na jou bad beter as slegter daaraan toe wees.

Luister ·

Hierdie advertensie was wêreldwyd. Ek wonder of daar klagtes sou wees as die eerste vrou
wit was, en die volgende swart? Lol!

Veritas ·

Die klaers is nie soseer hierdeur benadeel nie, dit is maar net weer ‘n geleentheid om ander van rassisme te beskuldig. Ek het drie Bull Terriers. ‘n Swarte, ‘n witte en een wat so’n rooibruin kleur is. Hulle name is dan ook : Swartbrak, Witbrak en Rooibrak. Gaan die DBV my nou ook van rassisme beskuldig omdat die witte my gunsteling is ? Die rasseding sal nooit ophou alvorens daar nie net een ras op aarde is nie.

John ·

?… dis glo die plan van die Nuwe-Wereldorde op die pad van ewolusie en wereldvrede en ‘n volmaakte en ultra-intelligente mensdom… minus die Bybel…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.