Tekenprent: Die wêreld se oudste

Julia Flores Colque vier binnekort haar 118de verjaardag en dit maak haar moontlik die oudste persoon ter wêreld.

Volgens Colque se nasionale identiteitskaart is sy op 26 Oktober 1900 gebore in ʼn mynkamp in die berge in Bolivië. Kort duskant 118 is Colque moontlik die oudste mens ter wêreld, maar volgens die Guiness World Records-organisasie het hulle nog nie ʼn aansoek ontvang om haar as sulks te verklaar nie. Dit lyk ook nie asof Colque regtig omgee dat sy nie in dié rekordboek opgeteken is nie en sê sy het nog nooit eers daarvan gehoor nie.

Colque geniet dit om tyd deur te bring met haar honde, katte en ʼn hoender. Sy is helder van verstand en vol lewe. Sy is nooit getroud nie en het ook nie kinders nie.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nessie ·

Kry ñ hoender, eet elke dag ñ eier en word ouer as 100…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.