Tekenprent: Die wêreld treur oor Notre Dame

Mense van reg oor die wêreld het Maandagaand verslae toegekyk hoe die Notre Dame-katedraal, ʼn integrale deel van die geskiedenis en een van Parys se gewildste toeristeaantreklikhede, deur vlamme verteer word.

Die brand wat agt uur lank gewoed het, het groot dele van hierdie meer as 850 jaar oue struktuur wat van die 12de eeu dateer verwoes. Le Figaro en Le Parisien het teen vroeg vanoggend berig die brand is onder beheer en gedeeltelik geblus.

Kinders is aan die Notre Dame voorgestel tydens die Franse skrywer se klassieke roman, “Die Boggelrug van Notre-Dame” of “Klokkeluier van Notre-Dame” (1831). Dit handel oor ’n goedhartige maar lelike man, genaamd Quasimodo, met ‘n boggelrug en sy liefde vir Esmeralda. In die 15de eeu moes hy die klok van die Notre-Dame-katedraal in Parys lui. Die boek is al etlike kere verfilm, onder meer as ’n vollengte animasieprent.

Lees alle berigte oor die Notre Dame op Maroela Media.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Andreas ·

Ek lees Macron, Frankryk se president wil hê die nuwe en “selfs nog mooier” Notre-Dame moet oor vyf jaar voltooi wees wanneer Parys die Olimpiese Somerspele aanbied.

DIS mos nou positief, na so ‘n terugslag jou getref het, alle voorspoed, kan nie wag nie. En om te dink die hele gebou is eeue gelede in 200 jaar voltooi, hoe lank sal dit met vandag se tegnologie neem?

$ ·

Dalk kan hulle 3D-printing oorweeg, dan is dit sommer in ´n japtrap klaar ?

Dit tong-innie-kies gesê; in realiteit sal die ´selfs mooier’ gebou nooit die oorspronklike gebou kan vervang nie, al is dit mooier. Die geskiedkundige waarde is vir altyd verlore ?

Kies sommer nuwe plek ook ·

Replikas is so vals, hulle kan die splinternuwe gebou sommer op n meer gelee plek ook opsit.

Waarheid ·

Macron maak hom voor of hy die “held” hier is.
Arme pateet …dit gaan die Franse net meer vies maak
Vir Macron gaan dit net oor homself en om punte te in want sy gewildheid het drasties getaan.

Andreas ·

Kom en wag en sien, die wêreld hou hom dop hy het mos nou sy integriteit op die spel geplaas. Ek is nie bereid om teen hom te wed nie, nie nou nie.

Andre ·

Jammer Fransman……..maar kom kyk hoe brand ONS Notre Dame…. Hier verloor mense ” actualy” hulle lewens…….

John ·

Die woord ‘kerk’ is heeltemal uit die prentjie soos in baie plekke in Europa. Die Notre Dame-katedraal is nou bloot ‘n museum om mensehandewerk te gaan bewonder. Daar is baie mooier geboue elders. Ek voel absoluut vere vir die ‘show’ wat Macron nou wil misbruik om sy ongewildheid reg te stel. Daar is groot probleme in Frankryk maar die miljoene gaan indirek gespandeer word aan Macron se beeldpoetsery.

Andreas ·

Jy weet dis nie waar nie, gaan Google gerus oor hoeveel mense jaarliks die katedraal besoek en wat die inkomste daaruit vir die land inhou. Die geskiedenis wat hulle nie verlore wil laat gaan nie. Ons het net Tafelberg en as dit afbrand, kan ons dit nie herbou nie.

Steve ·

En toe word 63 minute in ‘n japtrap 8 ure…

Die Notre Dame is ‘n toeriste aantreklikheid, dit is nie meer ‘n kerk nie. Dink die Franse hulle flous ons? Met 35000 besoekers per dag?!

Waar was die brandbestrydings-meganismes, die brandweer en ander nooddienste?! Met ‘n rivier (Seine) direk langsaan – kan geen Fransman gedink het aan ‘n pompstelsel nie?!

Die Franse is maar net weereens met hul broeke om hul knieë gevang.

Denise ·

Dit is vir my belaglik om so n bohaai oor n gebou te maak !!!! Ek is meer bekommerd oor ons mense wat vermoor word onskuldigge mense niks kan hulle terug bring nie my hart huil vir die families wat moet vrede maak met hulle seer!!!!!

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Moet ons nou die “brand” storietjie glo….niemand vra hoekom al die weelde en standbeelde n paar dae voor die kastige “brand” verwyder is nie……net nog n World Trade Center “kom ek verseker gou die geboue vir triljoene voor hulle brand” truuk….gaan flous iemand anders…
.
.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.