Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandeesweek gesê Vicki Momberg se vonnis is “’n herbevestiging van die dubbele standaarde in Suid-Afrika, veral met betrekking tot ras”.
Momberg is skuldig bevind nadat sy verlede jaar ʼn Johannesburgse polisiebeampte die k-woord toegesnou het. Sy is tot drie jaar tronkstraf gevonnis waarvan een jaar opgeskort is.
Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dié vonnis word opgelê enkele dae nadat ’n majoor in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) bloot oor die vingers getik is nadat hy gesê het dat wit mense se oë en tonge uitgesteek moet word. AfriForum het ook in die afgelope jaar 113 strafregtelike klagtes ingedien teen mense wat moord, verkragting, aanranding en selfs volksmoord teen wit mense in die openbaar aanhits. “Tot op hede is geen noemenswaardige vordering met hierdie sake gemaak nie.”
Roets meen Momberg se uitsprake was inderdaad rassisties en moet veroordeel word, maar “die inkonsekwentheid wat in hierdie land met betrekking tot minderhede toegepas word, het egter die vlak van absurditeit bereik”. “Die werklikheid in Suid-Afrika is dus dat ’n wit persoon wat ’n swart persoon beledig tronk toe gaan, terwyl ’n senior offisier in die weermag wat sê dat wit mense se oë en tonge uitgesteek moet word, mooi gevra word om dit nie weer te sê nie.”
Hoeveel keer is malema en kie verklaar wat het daarvan geword die media volg nooit op en hou die lesers op hoogte van die uiteinde van die sake nie.
Hulle moet appelleer teen die uitspraak.
Dit is duidelik dat dubbel standaarde op elke vlak toegepas word op die minderheids groepe. Wegwysings, vertrapping, verkleinering en uitdagend in publieke plekke, verarming en so kan die swart boekie aangaan.
Deur net eenvoudig wit te wees, is jy ‘n rassis….uit en gedaan.
Ons moet net onthou mense doen aan jou wat jy hulle toelaat
Regtig Coen???
Nou waar is Gerrie Nel? Is dit nie die soort goed wat hy dan gaan doen nie. Begin by die kolonel!
https://twitter.com/MakeSAsafe/status/979414699342204928?s=08
Ja nee: daai video ? is skokkend om die minste te sê.
Maroela Media moet die berig ook plaas wat is die verskil tussen die video en die sogenaamde kfc 4, bespeur ek weer diskriminasie en onregverdigheid onder die polities korrekte houding??
So toepassing van mense regte is onderhewig aan die regerende party se politieke agenda en wit-regte bleik eksklusief te wees. So dink wat jy wil, maar jy kan nie sê wat jy wil nie.
Die spotprentjie moes nou net n wit vrou en majoor gewees het