Tekenprent: Eskom beraam ‘n plan

Phakamani Hadebe, Eskom se uitvoerende hoof, het Dinsdag tydens ʼn amptelike geleentheid by die Uniegebou in Pretoria die ooreenkoms vir die $2,5 miljard-lening onderteken.

Die nasionale kragvoorsiener het in die finansiële jaar 2017-’18 ʼn verlies van R2,3 miljard aangeteken. Hadebe het vroeër gesê die jongste leenooreenkoms is “strategies” vir die kragvoorsiener, wat belegging én kapitaalgroei betref. Dié lening gee Eskom se finansiering vir die jaar ʼn hupstoot van 22% na 66%.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jan ·

‘n Lening is iets wat terugbetaalbaar is. Hoe op aarde gaan Eskom dit bewerkstellig??

John ·

Kan Eskom namens my en ons ander sonder goedkeuring en handtekeninge ‘n wettige lening aangaan en dan verwag ons moet die lening terugbetaal want dit is wat ge-impliseer word? Ons kragrekeninge gaan die hoogte inskiet… en dit is nie lekker om in koue water te bad nie. Miskien is dit tyd dat die kamma-kragvoorsiener en sy 47 000 toitrummers deur die grondwethof voor stok gekry word en ons ander 65 miljoen ons danspassies begin uithaal en wys wie is wie.

Ben ·

Maklik Jan, jy, ek en die res van Suid Afrika se krag gebruikers gaan daarvoor betaal en so word ons land al hoe meer on produktief. Gaan kyk bietjie wat Eskom se maandaat was to hy gestig was?

Vermeendes ·

Eskom het n verlies van R2.3miljard getoon en leen nou weer miljarde in dollars dws R33 miljard.
As Eskom 6.9% rente terug moet betaal dan beteken dit dat hulle volgende verlies sal verdubbel na R4.6miljard en dan is dit nog net die rente en geen kapitale delging nie.
Eskom gaan nou bonds beskikbaar stel om R14miljard te genireer maar wie wil bonds koop van iets wat so erg in die rooi is.
Hoe kan Eskom dit nie sien nie of gebruik hulle nog steeds Zuma wiskunde.

Gedooriewaar ·

En niemand besef dat indien die skuld nie terugbetaal kan word, dat China hulle pond vleis gaan opeis en beheer oorneem. (nog ‘n state capture? net op ‘n meer wettige manier). Wat ons sleepvoeters ook nie besef, In China word jy toegeluit as jy nie jou stukwerk doen waarvoor jy betaal word nie. Dink net hoe prettig gaan dit nog word. Ek sien lig in die tonnel?

Herman Goosen ·

Ek sal die word “strategies” verander na “pateties”. Eish!!

Gemaskerde Sopbeen ·

My Pa het altyd gesê: “Leen……is iemand se naam”!!! Hahahaha…Nou het Eskom hulleself in ‘n verlies in onderpresteer, en “Leen” nou geld om hulle uit die moeilikheid te kry…Die nare waarheid is dat hopeloos teveel mense by Eskom, hopeloos teveel geld kry, vir hopeloos te min werk….

Dennie ·

Gemaskerde Sopbeen slaan die spyker op die kop!! Sy laaste sin sê alles!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.