Tekenprent: Floyd en die VBS-verslag

Die Reserwebank het Woensdag die plofbare verslag deur adv. Terry Motau, getiteld “The Great Bank Heist”, oof VBS Bank uitgereik. Dit verstrek besonderhede van hoe R1,894 miljard in ʼn tydperk van drie jaar van die bank geplunder is deur VBS-hooggeplaastes en instellings wat met hulle vereenselwig word, veral Vele Investments. In die verslag word beweer Brian Shivambu het R10 miljoen deur sy maatskappy na die EFF-adjunkpresident Floyd Shivambu se rekening herlei.

Brian, Floyd se broer, ontken hy het R16 miljoen van die nou gewese VBS Mutual Bank ontvang.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

We are ready to govern ·

EFF seg mos ewe hulle is reg om te regeer. Lyk my hulle is sowaar nou geskool in grootskaalse plundery, oëverblindery en populisme….in Afrikaterme is hulle dus so reg as wat kan kom. Nog ‘n Rolex vir jou Comrade? Lekker spotprent Jerm!!

Johnnie ·

As jy n finger na ander wys onthou daar is vier wat terug wys na jou EFF. Maar die EFF en ANC leier het baie mooi geleer by hulle oupas Robert Mugabe en Zuma. Hoop hulle sluit die spul toe en gooi die sleutels weg.

Johann cb ·

Gewoonlik geskied ontkenning wanneer die waarheid blootgelê word!

Koos Venter ·

Wat het geword van die saak waar Shivambu na bewering ‘n joernalis van Netwerk24 vroeër vanjaar aangerand het? En sommer ook van die saak teen Malema wat adv Gerrie Nel en sy span wou aanroer as die NVG nie wou vervolg nie?

Oom Kalahari ·

Nou kan ‘n mens beter verstaan hoe Mnr Floyd so opgewek was met hul toespraak “EFF is reg om te regeer”!!
Hy het geweet hul het miljoene nou in die sak saam die wat hul van sekere oorsese organisasies veral in Engeland gesponsor word en is optimisties om sovele stemme deur goeie dade aan die ongeskooldes te doen. Wanneer hul die brood mandjie kan betrek in die Regering en Banke en grond kan Nationaliseer en toeeien, wel dan het hul al die geld en mag om Oom Mugabe se eervolle strategie na te volg tot uitvoering. Wel iewers is die goue geld potjie besig om in geheel geplunder te word.

Eish ·

Mens wonder tog van watter stoffasie is die ondersteuners met sulke papvrot leierskap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.