Tekenprent: ‘Geen plaasmoorde in SA nie’

Pres. Cyril Ramaphosa het vandeesweek in New York tydens ’n media-onderhoud gesê het dat daar “geen moorde op boere” en geen grondgrype in Suid-Afrika voorkom nie. Dié uitlatings tydens ʼn televisie-onderhoud met Bloomberg het talle warm onder die kraag. Lees meer.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het in Augustus, aan sy nagenoeg 53 miljoen volgelinge op Twitter oor grondonteiening en plaasmoorde getwiet. Trump het geskryf hy het Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, gevra om die grondkwessie en plaasmoorde in Suid-Afrika te bestudeer. Ramaphosa het vandeesweek aangevoer Trump is waningelig oor wat in Suid-Afrika aan die gang is

Hier is die tekenprentkunstenaar Jerm se interpretasie van die gebeure:

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pieter ·

Ek glo CR sou baie graag met Trump wou praat, maar dit hy die koue skouer gegee was. Lekker lieg vir die wereld oubaas, jy wys jou ware klere.

RM ·

Trump weet baie goed daar is goeie geldjie te make om te verkoop aan mense wat na hulle omgewing kyk, kies om altyd na beter te strewe. Ka-ching

Denise ·

You can fool some people some time, but you can not fool all the people all the time!

Aggenee ·

Ek hoop iemand sal dit onder die wêreld en Trump se aandag kan bring

Johan ·

@Aggenee, ek is seker dat Trump PRESIES weet wat in SA aan die gang is – danksy die enorme klomp mense in die VSA ambassade wat hier werk. So Trump is baie meer ingelig as wat Cyril besef. Dink Cyril die mense in die ambassade sit en speel video speletjies elke dag?

Zumie ·

Idee vir Jerm. ‘n Cyril met donkerbrille en witstok wat tussen en oor lyke strompel terwyl hy se hy sien geen vermoorde boere nie…

respekloos ·

Die tekenprent wys duidelik dat ramapadda nie ‘n prins is nie maar ‘n ……………

Gerhard Bezuidenhout ·

Ramaphosa het sy naam met n plank geslaan deur blatant te lieg. Wie kan hom ooit weer vertrou.

Marie Visser ·

Dat n ou nou jou eie naam so met n plank kan slaan – eish.

John ·

Wat ons hare moet laat rys is dat ons prez van skaars sowat ‘n 1/2 jaar, gister die miljarder en moeilikheidmaker, boesemvriend van die … homself, ontmoet het. Dis nou voor hy uit New York vertrek het maar nadat hy vir Trump en die VN ‘n lessie of twee geleer het oor hoe dinge eintlik moet werk. Nou weet ons hoe die wind waai en dit is ‘n slegte wind. Soros, borg ellende en bewerk ondergang waar hy gaan met sy groot liefde vir ‘n Nuwe Wereldorde. Niks maar niks wat CR met daardie man se hulp doen gaan ons land baat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.