Tekenprent: Gelukkige Moedersdag!

Checkers het Woensdag gesê ʼn foto van ʼn sogenaamde Moedersdag-uitstalling in een van sy Wes-Kaapse winkels waar vroue met afslag op huishoudelike skoonmaakmiddels “bederf” word, is nié akkuraat nie en word verkeerd geïnterpreteer. Uit die foto blyk dit dat Checkers afslag bied op skoonmaakprodukte soos skottelgoedwasseep en Jik as deel van sy “Wow Mom”-Moedersdagpromosie. Lees meer.

Grafika: Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sophia ·

Vir my was daardie skoonmaak produkte klassiek gewees. Ek was mal oor die ad en kon net humor daarin sien.

Marius ·

Ek dink die punt wat Checkers wil maak is dat daar nie meer geld is vir duur geskenke nou dat al ons geld waarvoorons hard gewerk het gaan na die korrupte ANC.

A ·

Genade die mense kan darem te ernstig raak. Geniet net bietjie ‘n grappie ook nou en dan. Ek dink ons maak die lewe partykeer vir onsself baie moeilik. En Jerm se spot prent slaan die spyker op die kop.

Verstommend ·

Ek staan verstom oor mense se intellek…… enige mens kan sien dat dit net weer ‘n opportunis was, wat haar kans waargeneem het om ‘n foto te neem (van iets wat nog duidelik nie voltooi was nie), te publiseer en ook iewerste in die “kollig” te kon wees (mens noem hulle “selfgesentreerd”). Al die ander “moedersdag uitstallings” by Checkers lyk soos dit moet lyk, die een was in die proses om reggeskuif te word. Maar ook het Checkers duisende vrouens met ‘n humorsin laat lag. Ek is ‘n vrou, ‘n baie praktiese vrou wat eerder iets sal waardeer wat ek kan gebruik as wat ek ‘n bosblom (wat in elk geval binne die eerste twee dae vrek) te kry of ‘n diamant wat, wat beteken? Niemand kan jou gelukkig maak behalwe jyself nie – so die wat oor die advertensie gekla het of aanstoot geneem het, ek wet julle dit is die wat nie kan bestaan indien die fokus nie heeltyd op haar is nie, wat nie sonder aandag kan klaar kom nie, wat heeltyd daaraan geherrinner moet word hoe “great” sy is – mense noem hulle “high maintenance” – sterkte vir die mans wat die vrouens moet probeer gelukkig hou. Vir die res van die “awesome” vrouens – gelukkige moedersdag Sondag!!!!

Joey Baker ·

Ek dink dit is baie snaaks, daar is deesdae so min dinge om oor te lag, waar is die mensdom se humorsin heen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.