Tekenprent: Godsdiens in skole

Die hooggeregshof in Johannesburg het Dinsdag uitspraak gelewer in die saak oor godsdiens in skole. Die hof het beslis dat godsdiens wel in skole beoefen mag word, maar dat ʼn skool nie ʼn enkele godsdiens mag bevorder nie.

Sien alle vorige tekenprente op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann ·

En die snoepwinkels by die skole, wanneer word hulle hof toe gevat dat die snoepwinkels ook dit wat halaal en kosher voorberei is moet aanbied?

Elizabeth ·

Ek stem Sayso… Ek dink nie eers ek wil eers my opinie lig daaroor nie – not worth it…

Johan ·

So ons mag rook, floek en losbandig wees en doen net wat ons wil in skole selfs laer skole want dis baie se geloof of wat???

Jan ·

Is jy seker dis nie dalk ‘n zol nie? Skuus, maar mens mag dit mos net in jou agterplaas rook, ek meen nou daai ‘pil’.

Ja, en so sal als binnekort in die skole toelaatbaar wees, net solank mens dit ‘deel’.

Pendoring ·

Hoe gemaak met die wat in geen hoër gesag glo nie? Anargiste en ateïste?

Johann ·

Hulle kan eenkant hul eie ‘ding’ doen, andere ook, net solank dit nie teen die wet is nie.

Linda ·

Pleks julle liewer dankbaar wees oor die uitspraak. As die Christelike kinders die regte voorbeeld stel, sal dit, soos so dikwels voorheen bewys, die ander kinders trek met hulle goeie gesindheid. Bid liewers aanhoudend I.p.v. te kritiseer. Vir ons Christene is dit ń positiewe uitspraak. Hulle kon godsdiens heeltemal belet het.

Lindi ·

Moenie so negatief wees daaroor nie. Dis positief. Die regering en onderwys departemente kon godsdiens heeltemal belet het. Bid liewers sonder ophou dat die ware Christene se lggies so sal skyn dat andere honger sal word vir hulle voorbeeld.

Bert ·

Hoe meer druk en vervolging vanaf die ateiste, hoe sterker word ons. DIt is en was nog altyd so. Mens kan eintlik OGOD aanspoor om soveel as moontlik teen geloof te agiteer, die teenreaksie maak ons soveel sterker.

Snoefels ·

Ek weet nie wat is die probleem met almal nie, net so min as wat ons kan se christenskap is die beste en die engiste ens ens se die ander dit van hulle gelowe. Hoekom kan daar nie n gelyke wees nie en mekaar respekteer ? Maar soos altyd word mens in Suid Afrika sterk veroordeel as jy nie n christen is en elke Sondag in die kerk le nie

Piet Pompies ·

Christenskap is ‘n titel, enige persoon kan aanspraak maak op die naam. Om gelowig te wees en jy het God as jou Verlosser aanvaar is iets anders.

Adriaan ·

Hi Snoefels,
Ken jy nie die Afrikaner se geskiedenis nie?
Ons is deur groot verdrukking en Genade tot stand gekom en wat was sal weer wees, al bly daar net ‘n uitgesoekte klompie oor..

Suzette ·

Ek is jammer Snoefels, maar gaan jy dit goedkeur as jou kind met ‘n satanistiese bybel by die huis gaan aankom???? Dit word OOK erken as ‘n geloof.

Christo ·

Snoefels, ek is saam met jou. Godsdiens, soos politiek, behoort by die huis, nie in die skool nie. Dis ‘n buitemuur aktiwiteit. Ons moet eerder meer bekommerd wees oor die kwaliteit van die onderrig. Dis tans, wat my aanbetref, pateties en die slaag vereistes is skokkend. Ons is besig om dom mense groot te maak vir die grootmens wêreld….

John ·

?..sonder Christelike etiese waardes help al die kennis in die wereld niks… Lees ‘n slag wat ander godsdienste onderskryf… ‘n Kortpad na die Vader is ook onmoontlik… en dit is Sy eie woorde…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.