Tekenprent: Helen Zille amptelik geskors

Die federale uitvoerende raad van die Demokratiese Alliansie het Woensdagoggend met ʼn meerderheidstem besluit om Helen Zille van alle partyverwante aktiwiteite te skors totdat haar dissiplinêre verhoor afgehandel is. Zille het in ʼn reeks twiets bevraagteken of “elke aspek van kolonialisme sleg was”. Haar uitsprake het wyd kritiek uitgelok. Zille het in haar redes, waarom sy nie geskors moet word nie, aangevoer Mmusi Maimane, leier van die DA, en die party se federale raad het haar “vooraf veroordeel” met die besluit om haar te skors. Volgens Zille moet sy die gevolgtrekking maak dat sy aangekla word deur die party omdat sy nie swart is nie. Lees alle berigte oor Helen Zille op Maroela Media.

Hier is Jerm se interpretasie van die voorval:

Tekenprent deur Jerm (9 Junie 2017)

Sien alle vorige tekenprente.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Syddy

Ja wel. Haar opmerking oor haar velkleur is nie verkeerd nie. Almal kon verwag dat sy iewers langs die pad uit die pad geskop sou word. Maar so gaan dit mos. Die witman se brein en effort bou sukses en dan MOET dit oorgeneem word sodat ander dit weer afbreek ” in no time”. Sukses word nie erken vir die wie dit bereik het nie. Ander moet daai golf gaan uitry! Dis n siek spul man. Sterkte Helen. Keep on keeping on being the strong woman you are. Aangewys as die beste in die wèreld maar dis nie goed genoeg… Lees meer »

Linda

Die tekenprent is vir my in absolute swak smaak. Ek weet nie eens hoe om dit anders te beskryf nie.

m

Hierdie skorsing verbaas my glad nie. Maimane het baie mooi gewag vir n misstap van haar kant af om haar te laat gaan. Sy het baie mooi in daai strik getrap.. Dis mos nou baie duidelik wat die DA beplan, hulle soek nie meer wittes in hulle span nie…..

al

Solank Helen Zille premier van die Wes-Kaap bly, wat wel die geval sal wees, kan sy maar geskors word van DA aktiwiteite.

Yster

DA moet versigtig wees om nie die witstem te vervreem nie. Ons stem saam met wat Zille gesê het. Maar dit word uit verband geruk deur politiek spel. Hierdie spel kan die DA duur te staan kom.