Tekenprent: Helen Zille amptelik geskors

Die federale uitvoerende raad van die Demokratiese Alliansie het Woensdagoggend met ʼn meerderheidstem besluit om Helen Zille van alle partyverwante aktiwiteite te skors totdat haar dissiplinêre verhoor afgehandel is. Zille het in ʼn reeks twiets bevraagteken of “elke aspek van kolonialisme sleg was”. Haar uitsprake het wyd kritiek uitgelok. Zille het in haar redes, waarom sy nie geskors moet word nie, aangevoer Mmusi Maimane, leier van die DA, en die party se federale raad het haar “vooraf veroordeel” met die besluit om haar te skors. Volgens Zille moet sy die gevolgtrekking maak dat sy aangekla word deur die party omdat sy nie swart is nie. Lees alle berigte oor Helen Zille op Maroela Media.

Hier is Jerm se interpretasie van die voorval:

Tekenprent deur Jerm (9 Junie 2017)

Sien alle vorige tekenprente.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Syddy ·

Ja wel. Haar opmerking oor haar velkleur is nie verkeerd nie. Almal kon verwag dat sy iewers langs die pad uit die pad geskop sou word. Maar so gaan dit mos. Die witman se brein en effort bou sukses en dan MOET dit oorgeneem word sodat ander dit weer afbreek ” in no time”. Sukses word nie erken vir die wie dit bereik het nie. Ander moet daai golf gaan uitry! Dis n siek spul man. Sterkte Helen. Keep on keeping on being the strong woman you are. Aangewys as die beste in die wèreld maar dis nie goed genoeg vir ons meerderheid in SA nie!! Als moet net ten gronde gaan. Ai jai jai

Linda ·

Die tekenprent is vir my in absolute swak smaak. Ek weet nie eens hoe om dit anders te beskryf nie.

m ·

Hierdie skorsing verbaas my glad nie. Maimane het baie mooi gewag vir n misstap van haar kant af om haar te laat gaan. Sy het baie mooi in daai strik getrap.. Dis mos nou baie duidelik wat die DA beplan, hulle soek nie meer wittes in hulle span nie…..

al ·

Solank Helen Zille premier van die Wes-Kaap bly, wat wel die geval sal wees, kan sy maar geskors word van DA aktiwiteite.

Yster ·

DA moet versigtig wees om nie die witstem te vervreem nie. Ons stem saam met wat Zille gesê het. Maar dit word uit verband geruk deur politiek spel. Hierdie spel kan die DA duur te staan kom.

Cherokee ·

Waarom nie Yster? Waarom nie die reeds vervreemde wit stem verder verveem nie? Want om 20 wit stemme te verruil vir 45 swart stemme sal tog dien as wins vir die DA. Solank die selfde wit stemme net nie VF toe mik nie want dit sal die VF kneus en kneusing kan dan dalk vererger tot verrotting. Solank die VF gesond bly soos dit is. Die ‘vervreemdes’ kan vir hulle ‘n ander swart party gaan soek.

Michael barnard ·

Ek stem saam met Zille se uitspraak alles was nie verkeerd nie ,nie dat ek met allrs saam gestem het nie. DA kom ons vat ook die engels taal ook weg wat julle so lekker praat maar jul sien nie dit nie kolonialisme nie.

Johann Marx ·

Ek gebruik elke dag een of ander iets wat kolonialisme na hierdie land gebring het, en wat nie hier sou gewees het daarsonder nie. Nou kan die DA my ook maar skors…..Bye-bye.

Cherokee ·

Johann, moet nie verbaas wees daaroor dat ek verbaas is om te lees dat jy lid is van die DA. Ek geniet altyd jou skrywes en het gedink jy is konserwatief. Okay… ek kan ôk ‘n foutjie maak! :-)

Kloekie ·

Dit gaan ons almal duur te staan kom. Solank mense besef daar is nie regtig n ander opsie vir ons as d.a.

Nettie ·

As ek Helen Zille was, sou ek my regtig soos ‘n “Meddim” (Julius se gunsteling manier mos om na haar te verwys) gedra, die DA maan toe stuur en my eie party stig. Ek glo baie stoere DA (voorheen NP of NNP) ondersteuners en -stemmers, sal na dese hul DA-lidmaatskap opskort en òf VF+ raak óf glad nie meer gaan stem nie (soos ek). Natuurlik was Zille reg toe sy gesê het kolonialisme was nie NET sleg nie. As dit nie was vir kolonialisme nie, was baie lande nie waar dit vandag is nie – kyk maar na Kanada, Amerika, Australiê, Nieu Seeland – noem maar op. Kolonialisme het beskaafdheid en ontwikkeling na voorheen-onontwikkelde eilande en vastelande gebring. En wat van die swartmense (Zulu’s/Xhosa’s/Mpondo’s) wat vanuit die Noorde van Afrika na die Suide getrek het – duisende ander swartmense is doodgemaak, hul statte vernietig en lande en diere oorgeneem (veral deur die strydlustige Mzilikazi en sy ma-Ndebele’s). Was dit nie maar ook ‘n vorm van kolonialisme nie? Nee wat, Zille, jy is beter af sonder die DA – stig jou eie party of sluit aan by die VF+ en gee op hierdie manier die ANC ‘n volbek, bloedbek opstopper in die volgende verkiesing.

Jacques Venter ·

Nettie
Die VF+ is op sterwe na dood. Wonder of hulle na 2019 . Nog n enkele setel sal wen.
Hoekom gaan hulle agteruit? Want hulle doen niks nie.
Maar stem asb VF+ eerder as om nie te stem nie. n Wegbly stem is n stem vir die A NC

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.