Tekenprent: Zille beklee weer hoë amp by DA

Helen Zille, voormalige leier van die DA, is Sondag as die DA se federale voorsitter aangewys tydens die party se raadsvergadering in Johannesburg.

Meningsvormers reken Zille sal nou waarskynlik haar posisie gebruik om die party te laat wegbeweeg van ‘n sogenaamde “ANC-lite”-party. Hulle glo Zille sal probeer om die steun wat die party verloor het, veral onder Afrikaners, terug te kry.

Herman Mashaba, Johannesburgse burgemeester, het Maandag sy bedanking ingedien in reaksie op Zille se aanstelling. Hy het gesê die verkiesing van Zille as voorsitter van die federale raad is ʼn oorwinning vir diegene binne die party wie se waardes en oortuigings in direkte teenstelling met sy eie is. “Ek kan my nie vereenselwig met ʼn groep mense wat glo ras is irrelevant in die gesprek oor ongelykheid en armoede in Suid-Afrika nie. Hierdie mense kan ook nie sien dat groter ongelykheid in Suid-Afrika heers as in 1994 nie.”

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dirk ·

50 jaar gelede (haar Bl;ack Sash dae) sou ek haar wou vermoor, maar nou is sy een van my gunsteling politici. Ek hou van haar eerlikheid en hoef nie altyd daarmee saam te stem nie.

Wys jou ‘n mens kan verander- of volwasse word. (Ek praat van myself).

Johan ·

Regtig? Onthou net, ‘n jakkals verander miskien van haar, maar nie van snaar…

Judge Dredd ·

50 jaar terug? – so wat jy nou eintlik se is dat jy besig is om seniel te raak – nie volwasse…..
Pasop – Zille gaan die Afrikaner weer verraai.

Andrea ·

Dis uitlatings soos Herman Mashaba s’n wat my weggedryf het van die DA. Hy sal nou seker gaan inval by die ANC of EFF waar hy hoort.

Johan ·

Die steun van anti-Christelike praktyke, steun aan SEB, die vertrap en vernietiging van Afrikaner waardes, geskiedenis en kultuur… dit is die dinge wat my nog altyd laat wegbly het van die DA.

Attie. ·

baie duidelik is die DA in GROOT moeilikheid. Mense wil nie DA stem nie, hulle wil vir Zille stem. Arme Moesie, hoe moet hy nou voel want niemand dink iets van hom nie. Helen, verander die DA se naam na die Black Sash party. As alle gematigdes kan saamstaan en VF+ stem het ons ‘n geringe kansie om ‘n sterk opposisie te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.