Tekenprent: Hulp vir Kaapstad se ‘Dag Zero’

Kapenaars hou die weervoorspelling met ʼn valkoog dop vir enige moontlike verligting vir dié droogtegeteisterde gebied.

Intussen het die rampverligtingsorganisasie Gift of the Givers water ingesamel by 70 punte landswyd en ʼn eerste vrag van 12 000 vyfliterbottels is reeds op pad na ʼn weermagbasis in Goodwood.

Coca-Cola Peninsula Beverages (CCPB) het Donderdag gesê hulle is ook besig om die laaste detail te finaliseer om miljoene liters water aan Kaapstad en die Wes-Kaap te verskaf, om die stad te help om die effek van Dag Zero te verlig.

Dag Zero, die dag wanneer die krane sal opdroog, word tans op 16 April verwag.

Die tekenprentkunstenaar Jerm meen daar kan dalk hulp uit alle oorde opdaag:

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Esmé ·

Hoop die water is vir ons met die sterk beperking en nié vir die sogenaamde informele nedersetting nie want hulle het geen beperkings nie. Water stroom in strate af soos rye taxis gewas word!!!

Ella ·

Ek vertrou die water word in toe vragmotors vervoer. Water wat vir ure in die son staan in platiese botttels is sleg vir almal en alles. Ek was met vakansie in Hazyview toe n bekende koeldrankmaatskappy se vragmotor water en koeldrank by Perry’s Bridge afgelewer het. Die bestuurder het seker gaan eet en die vragmotor met sy vrag, onbedek, het ure in die son gestaan en bak. Ek het beslis nie daar gekoop daai week.

Geskok ·

Ja o jinne dit is nou tipies. Ander mense betaal om vragte water aan te ry en wat doen mense … hulle KLA? Was dan jou gesig daarmee as jy te bang is om dit te drink of SPOEL die toilet. Dis iets wat ek myself die hele tyd afvra . al die provinsies dra water aan vir die Kaap, ek wonder of hulle dieselfde sou doen want die HOUDING van hierdie mense is net eenvoudig skokkend.!! Wees dankbaar .. een van die dae het julle niks, let alone water in ‘n plastiekbotteltjie.

AJ ·

‘The City of Cape Town spends far more than any metro on free and basic services, it also spends by far the most of its budget on creating new sanitary infrastructure for the poor. It is not a lack of will on the part of the City to deliver more flushing toilets, it is just the fact that although it does more than any other metro, the backlog and influx of new residents is so high, there has to be a priority.’

‘Dààr lê die DING!’

Geen semi woestyn land kan toilette spoel met drinkwater!

FACE IT … ! …. SKaapstat!

Loeis ·

VF+ se raadslid in Kaapstad het reeds in 2009 vir de Lille gewaarsku dat data ‘n waterkrises op pad was. Sy het “gevra watter krises?”

Die een wat nou op jou afspring, Patricia!

Nettie ·

@AJ – die hele probleem is die invloei van 100’e en 1000’e wat met taxi’s, met die oog op die 2019 Nasionale Verkiesing, ingevoer word (deur die ANC, wie anders?) na Kaapstad. Net vanoggend nog het ek twee maxi-taxi’s teëgekom wat (dolleeg) terugkeer na waarvandaan-ookal nadat hulle natuurlik hul massa-vrag passasiers êrens in Kaapstad afgelaai het, oppad terug Noorde toe, om seker nóg te gaan haal weer. Die informele woongebiede bars elke dag meer en meer uit hul nate en hoe de duiwel kan enige mens verwag dat die Stad Kaapstad moet byhou met dié massas?

Almal wat Kaapstad so “Slaapfontein” of “Skaapstad” noem is eintlik net jaloers op die feit dat die munisipaliteit en stad nog relatief goed funksioneer en in ‘n groot mate dienste lewer aan die inwoners. Dit is meer as wat gesê kan word van talle dorpe, stede en munisipaliteite wat onder ANC-beheer is.

Koos ·

Loeis, hoe kon enigiemand vir De Lille reeds in 2009 oor water gevra het? Sy het eers in 2010 by die DA aangesluit en in 2011 burgemeester geword. Al vier die kandidate was Kleurlinge en sy was die wenner. Let tog daarop mens spel dit “waterkrisis”.

Ronnie ·

Ek is so bly dat ek ‘n Suid-Afrikaner is: ek sien die humor in Jerm se prent. Chuck Norris kan mos enige ding fieks! Dankie vir die glimlag! (Ons bid steeds vir water vir die Wes-Kaap.)

Marinda ·

Ek wou sê dis: “Chuck Norris to the rescue” . Ja nee, Chuck kan enige iets reg maak. Hahahaha hahahaha.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.