Tekenprent: Malema gekap oor AK47; ANC beur voort met Grondwetwysiging

Beeldmateriaal het vandeesweek aan die lig gekom wat wys hoe Julius Malema, leier van die EFF, vermoedelik ʼn AK47-aanvalsgeweer afgevuur het tydens ʼn byeenkoms van sy party in die Oos-Kaap.

Intussen het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand aangekondig dat die regerende party besluit het om die Suid-Afrikaanse Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Só beskou die tekenprentkunstenaar Jerm die afgelope week se gebeure:

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Warden ·

Terwyl die lelike dinge gebeur moet ons so gou moontlik selfbeskikkingsplanne maak, terwyl ons nog grond het om mee te onderhandel of wat deel van ons eie kanton kan word.

Nettie ·

Gewoonlik vind ek Jerm se spotprente spitsvondig en raak, maar dié week ….. wel, die week was seker te lank vir my, want ek begryp nie eens naastenby die spotprent nie …….

Casper Labuschagne ·

Daar kan geen beter vertolking as die afgelope week se jammerlike toestand vir SA wees as daardie spotprent nie. Dit is ‘n klassieke spotprent wat in toekomstige geskiedenisboeke ingesluit sal word.

Theresa ·

Sou kon skreeu van die lag as dit nie so ontsettend en ontstellend die waarheid uitbeeld nie.

LouE ·

Die absolute gebrek aan daadwerklike vervolging van die kriminele daad dui daarop dat die ANC bang is vir die EFF of dat die ANC kop in een mus is met die EFF. Ek sou graag wou weet watter teorie is reg.

Paul ·

Ja, so ruk mens hart en siel uit ‘n land. Dinge is so deurmekaar, die son kom selfs in die noorde op.

Paul ·

Wat ek wel wil weet, is waarom vat die VF Plus, die DA, Solidariteit en bv Afriforum nie vir CR hof toe oor sy voortydige uitspraak betreffende die grond nie. CR het duidelik die grodwet geminag wat dit uitspel dat die grondwet kan alleen gewysig word as die publiek geraapleeg is, en die die verdere prosesse volg tot in die parlement waar daar ‘n voorlegging gedoen moet word, ens. CR het ‘n grap van hierdie proses gemaak. So vra ek weer, waarom vat die bogemelde partye hom nie hof toe nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.