Tekenprent: Maroela blaas op 6 in ander media se nekke

Ná net ses jaar in die Suid-Afrikaanse media is Maroela Media die enigste Afrikaanse nuuswebwerf op die top 10 nuuswebwerwe in die land, en ‘n kortkop agter ander nasionale Engelse nuusreuse. Veels geluk met jou 6de verjaardag, Maroela!

Sien alle vorige tekenprente op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Katy ·

Ek het jul nog nie baie lank op my foon nie maar julle is tops. Baie geluk Maroela Media!

Sannie Smit ·

Baie geluk Maroela Nuus, julle hou die lesers rêrig 24/7 op hoogte van alles. Somtyds is julle nuusberigte bietjie vaag maar oor die algemeen bly almal altyd op hoogte van die nuus.

dance ·

Ek dink “Die vryburger” is meer betroubaar en probeer nie so polities korrek berig lewer. Maroela se berigte lees kan mens sien ou agteros kom ook uiteindelik in die kraal.

CFS ·

Baie geluk Maroela Media,hoop julle bly die hoë standaarde handhaaf.

Michael ·

As julle nie altyd so polities korrek wil wees nie en feite deurgee soos dit is glo ek was julle eerste maar ignoreer julle lesers maar wat dit betref

Gielie Hill ·

Baie geluk, Maroela geniet julle nuus deurgaans. Bou so voort.

Francois ·

Baie geluk MM, dis ‘n besonderse prestasie. Daar gaan altyd negatiewe kritiek wees veral wanneer ‘n persoon of organisasie vooruit beur. Ongeag, gaan so voort en reik na die 1st plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.