Tekenprent: ʼn Helpende hand vir SAL

Die tesourie is steeds van plan om R10 miljard van sy aandeel van 39% in Telkom los te maak om die “terminale” Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) van ondergang te red. Die tekenprentkunstenaar Jerm gee hiermee sy interpretasie van die gebeure.

Sien alle vorige tekenprente

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nico ·

Hulle het reeds die ou spoorweg se pension gevat en volgende is dit die saa se pension

Herman Goosen ·

Ja,

Hulle doen nie eers meer moeite met “turnaround strategies” wat nie een ooit uitgewerk het nie. Dit is nou maar net ‘n skaamtelose opmaak van verliese van ongekende proporsies. Dit is duidelik dat die regering nou ook tot dieselfde gevolgtrekking gekom het wat almal al lankal weet: DAAR IS GEEN STRATEGIE WAT SLEGTE BESTUUR KAN VERGOED NIE.

Gooi maar net nog geld in die bodemlose put om op te maak vir die wanbestuur. Die problem is dat dit nie volhoubaar is nie.

Kemp Johan Kemp ·

Laat SAL faal.

Organisasies wat nie uit eie uit kan oorleef nie moet faal. Dit is die enigste manier om effektiwiteit en uitnemendheid in die mark te bou.

Jean ·

Oh my word dit is nou nie asof TELKOM so suksesvol is nie . dit is ‘n grap dat hulle telkens die SAL probeer red en nog NIE EEN KEER suksesvol was nie .. leer niemand dan lesse hieruit nie? Dit is ‘n bodemlose put … daar is erens iets FOUT met SAL se bestuur en diens wat hulle lewer, help nie julle gooi biljoene agter hulle aan nie .. die CORE is vrot!

Paul ·

Telkom maak miljoene rande wins nou al vir ‘n hele paar jaar agtereenvolgend. Sedert die regering opgehou daagliks inmeng het met Telkom se bestuur, het die maatskappy omgedraai en word daar baie beter gevaar. En dit alles sonder ‘n enkele “bailout”. Gee erkenning waar dit verdien word!

Karma ·

@Jerm – die spotprent is snaaks, ja, maar nóg snaakser is die feit dat jy die vliegtuig sonder vlerke geskets het!

alida ·

Wie gaan nog SAL vlieg. Hulle staak dan een dag voor jou vlug. NEE DANKIE !!!

John ·

… en raai wie sal die SAL koop? Hierdie is ‘n uitbeelding van dit wat nog kom. ‘n Haai draai sy rugvin na onder voor hy byt. Dis ‘n ernstige waarskuwing. Dinge gaan veel erger raak en die skokke nog groter. Ons swem in gevaarwaters en die kunstenaar is ‘n siener…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.