Tekenprent: Obama terug in SA herinner aan gebaretaaltolk-fiasko

Die voormalige Amerikaanse president Barack Obama is in Suid-Afrika vir die 16de Nelson Mandela-lesing. Wyle president Mandela sou Woensdag sy 100ste verjaarsdag gevier het.

Obama het ʼn uitgesoekte skare van sowat 15 000 persone toegespreek by die Wanderers-krieketstadion in Johannesburg.

Obama het in Desember 2013 die gedenkdiens van Mandela bygewoon waar ʼn gebaretaaltolk, Thamsanqa Jantjie, ʼn wêreldwye verleentheid vir die land veroorsaak het. DeafSA het in daardie stadium gesê die man se onvermoë om gebaretaal te kan praat is vroeër reeds ná ʼn rampspoedige “vertoning” skriftelik onder die ANC se aandag gebring.

Tekenprentkunstenaar Jerm kon nie help om weer aan dié voorval te dink nie.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

christa ·

die mensdom gaan aan asof Mandele ‘n god was. Hoe lank wil hulle nog ‘n ophef van hom maak? Ek wens die mense wil so ‘n ophef van my God maak dan sal die wereld ‘n beter plek wees.

Abel ·

Ek stem 100% saam, Hulle gaan seker nou elke jaar iets hou omdat hy dan nog ñ jaar ouer sou wees!!!

Hy het wel apartheid gestop, maar het net soveel mense ook dood gemaak, so wat presies maak hom dan nou so ‘all mighty’. Plaas dat die mense so aangaan oor ons Hemelse Vader!!

Ook nou al goed keelvol, elke radio stasie blah-blah-blah al die hele dag………

Realis ·

Mandela het nie Apartheid gestop nie. Hy het dit ‘n ander naam gegee en die rigting daarvan verander. Dis nou demoonkrasie en dis gerig op die Blanke.

Wessel ·

Ek het nie Obama se toespraak geluister of gelees nie, miskien beter so. Ek verstaan die spotprent want dit kom uit die verstaan van die hartklop van die land, nie van ‘n buitestaander soos Obama wat niks van die land af weet en raai nie. Hy dink mos die wêreld van ons menseregte.

Rooi Jan ·

Hi Wessel ek het na sy toespraak geluister en meeste van hy gesê het het sin gemaak. Die enigste kloutjie wat hy nie by die oor kon bring nie is dat die minderhede in SA nou bedreig word deur die meerderheid. Hy glo ook klaarblyklik die bollie dat blankes steeds al die hulpbronne besit en dit opsetlik weerhou van doe swart bevolking. Hy weet nie dat die swart middelklas nou dubbel eintlik amper 3 keer so groot soos die hele blanke bevolking is nie en dat daar net soveel swart super rykes is as blanke rykes nie. En dat die gemiddelde blanke nou basies in die laer deel van die middelklas getel word nie. So hy weet nog nie dat net soos swart mense die minderheid is wat “onderdruk” word in die VSA net so gebeur dieselfde met wit, bruin en indiër hier in SA.

UITGESOEK ·

Dankie dat uit nie uitgesoek was vir die geleentheid nie-ek is so kwaad dat ek nie genooi was nie dat ek nie opgedaag het nie(ha)

Casper Labuschagne ·

DIe probleem met Suid Afrika is dat die grappe meer werklik is as enigiets anders. Ten minste sou ons minder probleme gehad het as dit dalk die Obama sirkus se werklike woorde was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.