Tekenprent: Ramaphosa en die ekonomie

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag gesê sy regering is vasbeslote om korrupsie wat die staat en sy instellings kaap ʼn nekslag toe te dien, aangesien dit een van die grootste hindernisse is vir belegging en werkskepping in Suid-Afrika.

“Een van die grootste hindernisse vir belegging, groei en werkskepping is korrupsie binne alle sfere van die regering, ondernemings in staatsbesit en maatskappye. Ons is vasbeslote as regering om die werk wat ons reeds begin het om ʼn einde te bring aan staatskaping te verskerp en om korrupsie uit te roei waar ook al dit gebeur en diegene wat verantwoordelik is aan die pen te laat ry,” het Ramaphosa tydens ʼn werkberaad in Midrand gesê. Lees meer.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Theresa ·

Ongelooflik waar. Selfs dié wat nog altyd ‘n bydrae sou probeer maak om ‘n bedelaar te help – skraap nou als uit ‘n sak of handsak uit om net nog ‘n brood te koop. Skandalig. Kan die president van die land die sukkelendes dalk inlig oor Bitcoin? Iewers eendag iets gelees dat hy baie goed vaar met dié tipe ding. Werk dit regtig so goed? Lig die nasie in, asb. Dis tog wettig, want ons stel nie belang in goed wat neig in ‘n verkeerde rigting nie. Maar sal nie omgee om weer welgesteld te wees nie!

Abe ·

Theresa,
Daar is nie n wonderkuur vir armoede nie. Minste van alles komersiele foefies soos bitcoin. Die ekonomie bly verbonde aan sekere realiteite en welvaart kan nie verkry word bloot deur sekere slim plannetjies te volg nie.

Pat ·

Waar het ek dit al voorheen gehoor? Sal niks van kom gaan nog te lekker

maria ·

So waar. Vreeslik. Dankie ook vir hierdie spotprentkunstenaar. Briljant

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.