Tekenprent: ‘Studiegeld’ van R14 miljoen oorbetaal

ʼn Administratiewe fout het daartoe gelei dat ʼn reusebedrag van R14 miljoen in ʼn student aan die Walter Sisulu Universiteit (WSU) in Oos-Londen se persoonlike bankrekening gedeponeer is.

Só sien die tekenprentkunstenaar Jerm die situasie:
(Sien alle vorige tekenprente op Maroela Media)

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Elize ·

Ek sou als spandeer het. n Huis, kar, kos en meubels gekoop het. Dan sou ek af betaal het (net wat ek dan kon bekostig ). Dis verkeerdelik in haar rekening betaal, nie haar fout. Al het sy geweet dis nie haar geld. Eintlik kan hulle nie veel aan haar doen…

Johann ·

Dis is ‘n kriminele oortreding…maar ons weet hoe werk die land se wette

Pieter ·

Is die geld joune om te spandeer?
Is die geld regmatig aan jou betaal – maw het jy iets in ruil daarvoor gedoen – het jy dit op een of ander wyse verdien?

As jy nie ja op altwee daardie vrae kan antwoord nie, dan steel jy, dis baie eenvoudig.
As jy voortgaan en dan die geld spandeer is jy niks meer as ‘n krimineel nie.

Maar natuurlik geld die normale morele waardes nie in Suid Afrika nie – hier is al lankal nie meer die “rule of law” nie.

Griki ·

Twak. Diefstal is om iets te neem wat jy weet nie aan jou behoort nie en dis wat sy gedoen het. Sy kan strafregtelik vervolg word en die geld kan ook in ‘n siviele saak van haar teruggeeïs word. Daar kan verseker genoeg aan haar gedoen word. Die lening moet ook sommer teruggetrek word, want waarom geld aan ‘n dief leen as daar soveel eerlikes het wat dit nodig het.

eerlik ·

Wat het geword van morele waardes. As 87 persent van die mense in die land se hulle is Christene,hoekom gaan dit so? As jy nie gewerk het vir daai geld nie is dit nie joune nie. En wees eerlik gee dit terug.

Ouboet 9 ·

Dit beteken dat ‘n groot deel van daardie 87% die waarheid bietjie snaaks praat….

Ronel ·

Jy het geen idee waarvan jy praat nie. Kriminele vervolging kan en mag teen jou ingestel word.
Jy kan nie vat wat nie joune is nie.

Eish ·

Dis die weefsel waaruit die helhool saamgestel is. Eerlikheid is n dun stippelstrepie wat so kantlangs deur die bevolking dartel en jy kan dit slegs opspoor indien jy met jou hele hart daarna soek.

Annie ·

Eerlikheid – ha ha ha beteken dit dan ook dat Zuma en al sy trawante wat ook al miljoene gesteel, en verkwansel het dit ook moet en gaan terug betaal. Jammer vir julle almal sy het by haar “President” en sy trawante geleer .

PJN ·

Ja die petalje is eintlik skreeu snaaks. Jy kry R14 000 000 sonder dat jy die lotto gewen het. Gryp die geld koop dat die spoeg spat en nou is sy verontreg oor haar uitspattigheid. Sy kan 15 jaar tronksstraf opgelê word vir die flater wat sy begaan het. Miskien moet daar maar ‘n voorbeeld van haar gemaak word sodat ander ook ‘n les hieruit kan leer.

Annie ·

PJN sy het nie die flater begaan nie – die maatskappy wat dit gedoen het en die een wat die verkeerde bedrag ingedruk het moet 15 jaar kry – maar dit is seker een van Zuma se familielede so niks sal met hom/haar gebeur nie.

Essie ·

Nee Maroela media nie in haar persoonlike bank rekening nie ! Verkeerde inlingting.

Ouma ·

Ek glo die betaling was eintlik vir iemand ánders se rekening bedoel. En toe land dit in die verkeerde persoon se rekening! Dié dat die herrie los is. Ek sou die14 miljoen in ‘n goeie spaar rekening belê , en as die pôpô die fan slat, sou ek die 14 miljoen teruggee. En die rente hou. Sou darm ‘n ietsie wees.

HOBBO ·

Interessant dat die student rekenkunde studeer. Hierdie vergelyk met die optel van n verlore beursie. Integriteit wil he dat jy die eienaar kry en die beursie terugbesorg. Gulsigheid maak dat jy jou gewete onderdruk en die beursie laat “verdwyn”. Hierdie student se integriteit kort n ernstige hersiening. Ons hoop die “stelsel” help haar daarmee.

Swannie ·

Wonder net wat van die bank se FICA wetgewing geword het ?

Enige transaksie bo R25000.00 moet nagegaan word.

Dink daardie inligting van RICA en FICA word slegs ingesamel om bedrieëers te help met hul wandade

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.