Tekenprent: Trump oor immigrantouers en -kinders

Pres. Donald Trump het ʼn uitvoerende bevel geteken waarvolgens immigrante nie van hul kinders geskei sal word nie wanneer hulle in Amerika vasgetrek word sodra hulle die grens onwettig oorsteek. Die Amerikaanse media is die afgelope paar dae oorheers deur beeldmateriaal van kinders wat huil wanneer hulle van hul ouers geskei word en in aanhouding geplaas word. Lees meer.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jo ·

Ek ken nie die volledige geskiedenis nie, ek erken ek verstaan nie aldag die VSA se politiek nie, al daai dinge. Maar om daai kinders so te sien en hoor huil en roep, breek my hart. Wat ookal hulle pad tot daar, hulle verdien dit nie om pionne in volwassenes se speletjies te wees nie.

Liberaal ·

Dit is die nuwe wereld orde meesters wat met julle gevoel wil speel. Emosie is die kragtigste wapen wat bestaan.

gatiep ·

Jo moenie dat media op jou gevoelens speel nie.Doen navorsing terwyl jy nog kan binnekort is alles gesensor en jy moet maar glo wat op tv en internet is.
Oubama het dit nog erger gedoen en niemand het niks gese nie.
Daai prent se alles.

Onverantwoordelike ouers ·

As mense misdaad pleeg deur om grense onwettig oor te steek dan moet hulle hulle kinders uit die storie hou, nie saamsleep om simpatie te probeer lok nie en op die wereld se gevoel te wil speel nie.

Bedel saam baba ·

Dit is soos die bedelende vroue wat met hulle baba in die middel van die pad staan by verkeersligte – hulle speel met die publiek se emosies om te kry wat hulle soek.

DG ·

Ek wil nou ‘n hond in die hoenderhok gooi. Toe ons groot geword het was die beginsel om heilsame stof te leer vir kinders. Rom 16:19 se ook ” ek wens dat julle wys mag wees teenoor wat goed is, maar onskuldig teenoor wat sleg is”.
Dit lyk egter vir my dat ons soveel as moontlik “wat sleg is” vir die kinders wil leer. My kinders moes op skool leer van die 24 mees oordragtelike seksuele siektes, die lys van alle dwelms en hoe dit jou laat voel – en nog baie meer – in die Lewens Oriëntering klas.
Dan is daar ‘n tendens om die mees gebroke gedrag boeke, op the hemel en vir ons kinders te gee en veral in die Afrikaanse klas. Die boek wat in die Afrikaanse klasse graad 10 geleer word “Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom” is wat my betref gladnie heilsaam nie.
Die boek “Vaselentjie” met sy baie vloekwoorde vir graad 7 kinders het ook my hare laat rys .. gladnie heilsaam op daai ouderdom nie!
Ons kan nie net kyk om in Afrikaans te leer nie, maar ons moet ons toespits om gesonde, heilsame stof te kies vir die kinders. Hoekom die kinders van al die donker, slegte dinge van die lewe leer. Hulle sal gou genoeg daarmee te make kom. En dan die Afrikaanse periode daarvoor gebruik boonop!

Liberaal ·

Knyp ogies toe, druk volstruiskop in die sand en hoop vir die beste. Vergeet van kennis is mag. Dit klink na iets wat die nuwe wereld orde base baie van sal hou. Naiewe middelklaskinders, gereed om te teiken.

Waarheid ·

DG stem saam.
Owee as enige ouer sy kind MISBRUIK
Kan hy klip om sy nek bind en in diep waters spring.
Klink of diesulkes volop werêld wyd is.
Die straf moet ondekbaar wees as die OPDRAG so drasties is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.