Tekenprent: Trump oor immigrantouers en -kinders

Pres. Donald Trump het ʼn uitvoerende bevel geteken waarvolgens immigrante nie van hul kinders geskei sal word nie wanneer hulle in Amerika vasgetrek word sodra hulle die grens onwettig oorsteek. Die Amerikaanse media is die afgelope paar dae oorheers deur beeldmateriaal van kinders wat huil wanneer hulle van hul ouers geskei word en in aanhouding geplaas word. Lees meer.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jo

Ek ken nie die volledige geskiedenis nie, ek erken ek verstaan nie aldag die VSA se politiek nie, al daai dinge. Maar om daai kinders so te sien en hoor huil en roep, breek my hart. Wat ookal hulle pad tot daar, hulle verdien dit nie om pionne in volwassenes se speletjies te wees nie.

Onverantwoordelike ouers

As mense misdaad pleeg deur om grense onwettig oor te steek dan moet hulle hulle kinders uit die storie hou, nie saamsleep om simpatie te probeer lok nie en op die wereld se gevoel te wil speel nie.

Bedel saam baba

Dit is soos die bedelende vroue wat met hulle baba in die middel van die pad staan by verkeersligte – hulle speel met die publiek se emosies om te kry wat hulle soek.

TDW

So waar!!

DG

Ek wil nou ‘n hond in die hoenderhok gooi. Toe ons groot geword het was die beginsel om heilsame stof te leer vir kinders. Rom 16:19 se ook ” ek wens dat julle wys mag wees teenoor wat goed is, maar onskuldig teenoor wat sleg is”. Dit lyk egter vir my dat ons soveel as moontlik “wat sleg is” vir die kinders wil leer. My kinders moes op skool leer van die 24 mees oordragtelike seksuele siektes, die lys van alle dwelms en hoe dit jou laat voel – en nog baie meer – in die Lewens Oriëntering klas. Dan… Lees meer »