Tekenprent: Trump twiet oor plaasmoorde, grond in SA

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vroeg Donderdagoggend Suid-Afrikaanse tyd, aan sy nagenoeg 53 miljoen volgelinge op Twitter oor grondonteiening en plaasmoorde getwiet. Volgens Trump se inskrywing het hy Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, gevra om die grondkwessie en plaasmoorde in Suid-Afrika te bestudeer. Lees meer.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SoosDitIs ·

Ek wonder hoeveel mense het die comments gaan lees op sy tweet. Snaaks hoe die hele wereld aan die gons is nou oor SA en wit en swart, en kleure en geure. Tot in apartheid se geskiedenis word genoem, grondonteiening word geregverdig en steeds is almal (90%) wat comment “oblivious” oor die feit dat plaasmoorde n werklikheid is.

Ella ·

Ek dink die meeste Amerikaners en ander mense weet n ie eens waar SA en Namibie is. Het dit telkemale op Survivor van die VSA gesien.
Dalk maak Trump sy eie mense bietjie wakker oor die wereld waarin hulle woon van wie hulle niks weet.

Ruiklont ·

Darem een staatshoof wat hom nie aan die neus laat lei nie

Antiestabliesment ·

…maar jy sal bly wees as jy kan voordeel trek uit sy belangstelling in wat in SA aangaan nè?

E.K. die eerste ·

Hou nie van die man nie, maar eerlikwaar waaroor die bohaai? Hy het SLEGS gevra vir ‘n ondersoek na die plaasmoorde en grondonteiening en die wat en hoe daarvan. Hy het nie gesê dis reg/verkeerd of hy wil SA inval of watookal nie. Regtigwaar…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.