Tekenprent: ‘Uitbranding’ nou amptelik ‘n diagnose

Die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) het “uitbranding” onlangs amptelik as ʼn beroepsprobleem erken. Dié sindroom is nou gepubliseer in die agentskap se handboek van mediese diagnose, wat gesondheidspraktisyns wêreldwyd lei.

Simptome van uitbranding sluit uitputting, ʼn negatiewe gevoel oor jou werk, en moeite om jou werk doeltreffend te doen, in. Volgens die WGO word uitbranding veroorsaak deur “chroniese stres in die werksplek wat nie suksesvol bestuur word nie”.

Tekenprent deur Jerm

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wielspore ·

Daar behoort ‘n wet te wees om werkers te beskerm teen uitbranding by die werk. Ek praat uit ervaring waar werkers vir meer as 30 dae lang ure werk en verwag word om op bystand te wees, as jy nie binne 15 minute by die werk opdaag na ‘n uitroep, is jy in die moeilikheid. Hierdie werk is nie net ‘n kwessie van sit en wag dat die tyd omgaan, dit is harde werk, mense beheer vir herstelwerk, beplanning, onderdele, trappe op, trappe af. Van die werkers ontvang tans vitamien inspuitings vir energie, ander werkers het siek geword agv uitputting. Indien jy sou kla is die antwoord, jy is vervangbaar. Ek self het 21 dae 12 ure gewerk en onmiddelik daarna op bystand gegaan. My voete is op, my bene is op, my lyf is op. Dit neem gewoonlik so ‘n week om terug op jou voete te kom. Uitbrand is ‘n realiteit.

Uitgebrand ·

Werk 11 uur dae, doen alles moontlik in n werksplek. Bestuur mense, boekhou, bestellings ens ens ens. Voel uitgebrand, maar kan niks daaraan doen nie, anders verloor ek my huis. Het nou maar n groot lewenspolis uitgeneem vir my vrou se oorlewing vir wanneer ek myself dood gewerk en gestres het. Dit gebeur oral deur SA. Alles is so duur dat mens se moontlikhede al hoe kleiner raak vir oorlewing. Vat wat jy kry en werk jou siek tot die dood toe.

Gert van Wierdapark ·

Ek hoop van harte die verteenwoordigers in die Parlement “pace” hulself die res van die jaar sodat hul nie slag-offers van uit-branding word nie! He-he-he

anna ·

Sommige werks kollegas, stoot hulle werk af op ander . Die sulkes kry die verhogings, want hulle kan mos”deligeer”. Maar “kiepie” ly later aan uitbrandig!! My man was ook n slagoffer, danksy so n patetiese vark. Siek samelewing waarin ons vasgevang word. En die bestuur, is te geldgierig om dit agter te kom!!

Connie ·

Klink soos juppie griep van jare gelede. Mense word uitgebuit met lang ure werk vir bitter min geld. Maak misbruik van werkloosheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.