Tekenprent: Uitspraak voorbehou in saak oor vlag-twiet

Uitspraak is voorbehou in die Johannesburgse hooggeregshof waar Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, vandag op aanklagte van minagting van die hof verskyn het.

Roets word van minagting van die hof aangekla nadat die Nelson Mandela-stigting (NMS) ʼn klagte teen hom aanhangig gemaak het. Dit kom nadat Roets verlede maand ʼn foto van die ou landsvlag op sosiale media geplaas het, kort nadat die gelykheidshof beslis het die vertoon daarvan – in sekere kontekste – kom neer op haatspraak.

Die NMS het die hof versoek om Roets tronkstraf op te lê. Lees meer.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Anoniem ·

Wat gaan hier aan ? Verduidelik asb ? Gee die gepaste straf vir die spesifieke misdaad !!!!!!!!

Johann cb ·

As tronkstraf opgelê word, wat belaglik is, moet die doodstraf met onmiddellike ingang in werking gestel word!

wonder ·

Hy hy pronkstraf kry moet Julius Malema al 10000 ook al tronkstrag Gekry het!!!!!!!!!!!!

blouapie ·

Skwerp Jeremy!!!

anc het tonnelvisie. Sien net raak wat hulle wil!

Leon ·

Vir die wat nie kan verstaan nie. Elke ou se misdaad. Die vlag se wys word gelyk gestel met moord en verkragting en roof.
Staatskaping word nie eers genoem nie want die Mandelastigting dink dit is nie strafbaar nie.

Alta Clarence ·

Met al sy dreigemente en opsweping moet hy aangekla word as mede beskuldigde in boere moorde

MAPSTIEKS...!! ·

Soooo belaglik,soos dit is…en sooo onregverdig ookal…ñ pre-doktorale student móés van BETER geweet het!
Jammer,Ernst…jyt n lat vir jou eie boude gepluk,jyt ÍN HUL HANDE gespeel

Griet ·

Dink ook nie,arme Ernst gaan hulle n punt wys nie….HULLE gaan hom n punt wys… in die NAAM,van die stigting

Zyvette ·

Nonsens, hy sou definitief seker gemaak het van sy opsies. Op n punt moet n streep getrek word. Ek glo Ernst het die tree geneem sodat daar nie aan mekaar uitgestel word en al hoe meer belaglikhede aan die land gevoer word nie. Sonder strepe (grense) kan niemand hulself beskerm nie. Hierdie streep was nodig en wys die keiser se klere.

CHAPPIES ·

Vergeet van die keiser se klere,suster!
Hyt…sy hand oorspeel en gaan boet

John ·

In watter ander land ter wèreld kry so ‘n klein partytjie soveel blootstelling op tv. Vanoggend is daar getuig dat die EFF in die verlede beskerming geniet het by die sabc.
Dit blyk steeds die geval te wees dat sommige mense die party voortrek.

Christa ·

So kleinlik. Dit vir ons vlag wat vir ons vryheid beteken het. Moordenaars loop los rond maar oor n lap Wil hulle tronkstraf oplê. So bespotlik tog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.