Tekenprent: Vuurwapenbeheer

Vuurwapenbeheer kom weer onder die loep ná ‘n massa-skietvoorval in Las Vegas waar Stephen Paddock op ‘n skare losgebrand het. Minstens 59 mense is dood en meer as 500 beseer.

Sien alle vorige tekenprente.

 

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johan ·

Ons het wapenbeheer en 11 mense is in Kaapstad geskiet. Dit help veel.

Lodewyk ·

Net soos hy daar sê. Die wat een het sal hulle nog wil weg neem. die wat baie het mag nog kry.

Bruno Stef ·

Vuurwapen beheer is soveel te meer in SA nodig veral die onwettige vuurwapens in SA met afgevylde reeksnommers.As die populasie getalle met Amerika vergelyk word met inbegrip van soortgelyke misdaadvlakke in albei lande dink ek SA loop n vieslike eerste plek wat misdaad betref.

marous ·

Wat is die persentasie misdrywe wat in SA met wettige wapens gepleeg word teenoor onwettige wapens? Die SAP sal sekerlik die statistiek byhou ?

Danie ·

Bruno, Bruno, Bruno,

Verduidelik groot asseblief hoe presies jy beplan om onwettige vuurwapens te beheer deur mense met wettig vuurwapens “dood” te beheer. Die persoon met die onwettige vuurwapen koop gewoonlik (indien ooit) nie die vuurwapen by ‘n wettige handelaar nie. Die persoon gaan ook nie vir die wettige geskiktheid kursus en toetse nie. In teendeel hulle voel vere daarvoor en lag mense uit wat dink dat enige streng weet hulle onwettige bedrywighede gaan belemmer. Hulle hou nog meer daarvan dat hulle slagoffer onder streng beheer is en dat hulle feitlik ontwapen is.

Hendrik ·

Danie, SA het ‘n uitstekende wet wat pateties geadministreer word. Die VSA het nie eers ‘n behoorlike vuurwapenwet nie en elke staat maak sy eie reëls. Daar is geen rede hoekom behoorlike agtergrond ondersoeke oor ‘n persoon se geskiktheid om ‘n wapen te besit, nie gedoen moet word nie. As jy probeer sê die VSA se situasie is beter, gaan kyk net hoeveel massamoorde daar gepleeg word. Enige persoon wat die reg wil opeis om ‘n vuurwapen te besit, moet die verantwoordelikheid toon om behoorlik opgelei te wees en bevoegd bevind te word.

Willem ·

Mense wat alewig die wettige vuurwapeneienaar van sy eiendom en die reg op selfverdediging wil ontneem is gewoon onnosel óf werk met ‘n verskuilde agenda.

gatiep ·

Willem meskien is dit die lot wat so graag wapens wil afvat wat agter die mass shootings sit. Kyk maar net na so skiet voorval vra hulle onmiddelik vir wapens afvat.

Andre ·

Die probleem is die “good guys” het wapens om hul te beskerm van die “bad guys”. So as jy die “good guys” se wapen weg neem wat dan? Die anderkant is dat die “bad guys” die wapens kry van die polisie, weermag en selfs steel van die “good guys”. Dalk moet ons eers die “bad guys” verwyder uit die sisteem wat die probleem is en dan weer die simptone heroorweeg. Maar in SA met ‘n korrupte regering, polisie, weermag, en regstelsel gaan dinge gebeur soos wat dit tans gebeur. N.S. Hoeveel mense met lisensies maak ander dood of vermink hulle met motors, vragmotors, busse, en taxis.

Ben ·

Miskien is die afwesigheid van Verantwoordelikheid die probleem. Wat van geen wapens vir die polisie nie, maar elke provinsie of streek het profesionele goed opgeleide, goed toegeruste taakmag. Die SAP is verantwoordelik vir die meeste wapen diefstalle so kom ons verwyder die wapens. Saam met hierdie idee bring ons die doodtraf terug as jy ‘n polisie man dood skiet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.