Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohInternasionale krieket

Die Proteas speel teen Nieu-Seeland in die vierde eendagkragmeting van die huidige reeks op Seddon Park in Hamilton. Die Proteas het eerste gekolf op ʼn stadige blad en het goed begin met Hashim Amla wat 40 lopies bygedra het en Faf du Plessis 67. Die Suid-Afrikaners het gereeld paaltjies verloor en Quinton de Kock was uit vir ʼn nulletjie en David Miller vir net een. Die grenshoue was ook baie skaars. Suid-Afrika het 279/8 behaal terwyl Nieu-Seeland teen 8:32 (Suid-Afrikaanse tyd) op 103/2 gestaan het.

Suid-Afrika loop met 2-1 voor in die reeks van vyf wedstryde.

Plaaslike krieket

Vandag speel die Knights teen die Dolphins in Bloemfontein. Die wedstryd begin om 14:00.

Rugby

Saru het gister die provinsiale rugbykalender aangekondig vir 2017 wat op 22 April begin. Soveel as 14 s,panne wat Namibië insluit, sal in aksie wees.

Sewesrugby

Die Blitsbokke speel die komende naweek in die vyfde been van die wêreldreeks in Las Vegas. Op die huidige punteleer is die Blitsbokke gemaklik voor ná vier toernooie.

 

sport1

Varsityrugby

Op die jongste punteleer staan sake so:

 

sport2

Formule Een

Die driemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton het in sy Mercedes weer die beste  gevaar in gister se voorseisoentoetse op die Catalunya-baan. Ferrari se Kimi Raikkonen was tweede vinnigste.

Gholf

Môre begin die Tshwane Ope by die Pretoria-buiteklub, en in die VSA slaan die spelers af in die Mexikaanse kampioenskap in Mexiko Stad.

Vrouegholf

Die eerste ronde van die Sonskynreeks vir vroue se Sun International-toernooi is by Lost City voltooi.

 

sport3 

Tennis

Op die Dubai Ope-tenniskampioenskap was daar ʼn groot skok toe die verdedigende kampioen, Stanislas Wawrinka, met 7-6 (7/4) en 6-3 in die eerste ronde deur die onbekende Damir Dzumhur geklop is.

Evgeny Donskoy sal teen David Federer in die tweede ronde speel. Intussen het Fernando Verdasco vir Andreas Seppi met 6-2 en 7-5 uitgeskakel en Andy Murray het in skoon stelle met Malek Jaziri klaargespeel.

Die Davisbeker-kragmeting tussen SA en Slovenië sal by die Irene-buiteklub gespeel word. Dié tweede ronde Euro-Afrika-kragmeting is vir 7 tot 9 April geskeduleer.

Sokker

In die plaaslike Premierliga was een wedstryd gisteraand geskeduleer.

Mamelodi Sundowns en Chippa United se wedstryd op Loftus Versveld in Pretoria moes afgelas word as gevolg van ʼn kragonderbreking. Die telling in daardie stadium was 0-0 ná 42 minute se spel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.