Was Jesus eintlik swart? – debat duur (onnodig) voort

kruis-hout-lug-wolke

Foto: Aaron Burden/Unsplash.com

Is die debat oor die kleur van Jesus polities gekaap? As daar na die huidige standpunte en stellings van die openbare diskoers (meestal gekoppel aan die Black Lives Matter-veldtog) gekyk word, is dit duidelik dat Jesus se velkleur vir baie saak maak. Dit help onder andere sommiges om ook deel te voel van ʼn Christengemeenskap waarin hulle ten regte of ten onregte, uitgesluit voel. Dit manifesteer in uitbeeldings van Jesus as ʼn wit persoon wat duidelik wit en Europees lyk, tot uitbeeldings van iemand wat werklik soos ʼn swart Afrikaan lyk.

Dié vraag duik weer op ná ʼn Amerikaanse navorser, prof. Anna Swartwood House, ʼn kunsgeskiedeniskenner, die saak nou weer te berde gebring het, en argumenteer dat Jesus waarskynlik bruin oë gehad het, en ook ʼn bruin vel. Sy baseer dit daarop dat Jesus ʼn gebore inwoner was van Galilea uit die eerste eeu, en dat dit strook met ander Jode van dié area, en uit daardie tyd. Let wel, hierdie vraag word nie gevra omdat dit die regte soort ding is nie, maar omdat dit rééds vir politieke doeleindes uitgebuit word.

Prof. House stel dit duidelik dat niemand weet hoe Jesus werklik gelyk het nie. Sy is ook lank nie die eerste persoon wat meen Jesus sou bruin of bruinerig gewees het nie. Trouens, daar is ʼn redelike groot veldtog, erg polities gekleur, om Jesus as swart uit te beeld. Deurlopend word ook gevra of dit dan saak maak of Jesus wit, bruin of swart was. Die oorweldigende reaksie van mense wat om ʼn mening getoets is, was dat dit nie saak maak nie.

Die gedagte dat Jesus wit, en selfs baie, baie blond sou wees, kom minstens ten dele vir sommige uit Openbaring. Om dit so duidelik as moontlik te stel, word ʼn paar vertalings aangehaal.

Die NetBible stel dit soos volg [Openbaring 1:12-15]: I turned to see whose voice was speaking to me, and when I did so, I saw seven golden lampstands, and in the midst of the lampstands was one like a son of man. He was dressed in a robe extending down to his feet and he wore a wide golden belt around his chest. His head and hair were as white as wool, even as white as snow, and his eyes were like a fiery flame. His feet were like polished bronze refined in a furnace, and his voice was like the roar of many waters. .. His face shone like the sun shining at full strength.”

Die 1983-Bybelvertaling lui soos volg: “Ek het omgedraai om te sien wie dit is wat met my praat. En toe ek omgedraai het, het ek sewe goue staanlampe gesien en tussen die lampe Iemand soos die Seun van die mens. Hy het ‘n lang kleed aangehad en ‘n goue band om sy bors gedra. Die hare op sy kop was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë het soos vuur gevlam. Sy voete was soos geelkoper wat in ‘n smeltoond gloei, en sy stem soos die gedruis van ‘n groot watermassa… Sy hele voorkoms was soos die son wat op sy helderste skyn.”

Uit die Bybel vir almal lees ons soos volg: “Ek het gesien tussen die lampe is daar Iemand wat soos die Seun van die mens gelyk het. Hy het ’n lang bo-kleed gedra, en om sy bors was daar ’n goue belt. Sy kop en sy hare was so wit soos wol, so wit soos sneeu. Sy oë was soos ’n vuurvlam. Sy voete was soos blink koper wat in ’n oond gesmelt het. Sy stem was soos wanneer baie water raas. .. Sy gesig het geblink soos wanneer die son baie helder skyn.”

Om dit verder te kompliseer, moet ʼn mens in gedagte hou dat Jesus se geboorte plaasgevind het nadat die Makkabeërs feitlik die hele gebied wat as Salomo se Israel bekend gestaan het, maar Samaria geword het en na die Samaritane (die ou Tien Stamme) weggevoer is, deur ander volke oorgeneem is. Met die Makkabeërs se verowering, het baie Jode in die gebied gevestig; in so ʼn mate dat Pontius en ander Romeinse gesagdraers ʼn bufferstrook tussen Judea en Galilea gevestig het, wat onder andere bestaan het uit Samaria en die Decapolis (tien stede) wat uit Grieke en ander nasies bestaan het. Baie Jode van Galilea wat na Jerusalem wou reis, het dan eerder met ompaaie gereis, onder andere die Jusese Wildernis en is dan ook aan aanvalle deur rowers blootgestel, soos onder andere uit die gelykenis van die barmhartige Samaritaan blyk. Uit ʼn historiese oogpunt lyk dit of dit onwaarskynlik is dat die Jode van Galilea en dié van Judea noemenswaardig anders sou lyk. Dat die een groep werklik swart sou wees, is hoogs te betwyfel.

bybel-lees-blaai-hand

Foto: Rod Long/Unsplash.com

Dit lyk in elk geval of House haar beoordeling oor die kleur aflei van hoe die mense nou daar lyk, terwyl daar talle aanduidings is dat volke en proto-volke oor tyd van kleur verander het. Die Indiese volke wat “oorspronklik” die subkontinent oorspronklik bewoon het, was betreklik ligte Indo-Germane. Dit het begin verander toe die donkerkleurige Drawadiërs ingetrek, en ten dele geïntegreer het. Een van die Drawadiese volke, die Tamils, is vandag nog taamlik donker, terwyl veral die elite in ander stamme veel ligter is. Voeg hierby die voor-Indiese inheemse bevolking wat weer ʼn Mongoolse herkoms het, en die latere Moslem-invallers uit die Ooste, en die land se mense se algemene karakter is inderdaad verander. Die Kruistoggangers het byvoorbeeld ʼn duidelike voetspoor in Israel gelaat met selfs die vrou van die aarts-Palestynse terroris, Yasser Arafat wat blond was, en baie lig van kleur.

Net so laaste kopkrapper. Die Jode wat van Wes-Europa kom – met ander woorde grootliks dié wat Jiddisj op die toneel geplaas het, het glo biologies geen verwantskap met die etniese Jode nie. Hulle het ontstaan ná ʼn volk wat in Turkye gewoon het, hulle tot die Joodse godsdiens bekeer het. Hulle het mettertyd onder druk begin kom, en na ʼn gebied van die ooste van Rusland en sentraal Siberië verhuis waar Jiddisj ontstaan het, en sterk Slawiese en ander elemente bevat het. Toe hulle daar onder druk kom, het hulle na die omgewing van Duitsland verhuis, waar Duits weer ʼn geweldige rol in die herskepping van Jiddisj gespeel het. As iets wat lank ná Jesus se aardse lewe gebeur het, sou dit ook nie ʼn invloed kon hê op Sy velkleur nie.

Maar weer eens die vraag: Maak dit saak? Die probleem is dat dit, vanuit ʼn politiek-wetenskaplike hoek lyk of die huidige veldtog om Jesus so swart as moontlik voor te stel, met ideologiese tendense te make het wat met die huidige Black Lives Matter verband hou. Van die swart skrywers stel dit duidelik dat die verheerliking van die wit Jesus hulle van kleins af minderwaardig laat voel het.

Dr. Wouter van Wyk, sekretaris van die Kommissie van die Algemene Vergadering van die Nederduits Hervormde Kerk, skryf: “Die hele vraag oor die velkleur (en genetika) van Jesus hou verband met moderne mense se behoefte om te kan identifiseer met iemand soos hulle. Dit vertoon op ’n interessante manier die rol van lesersresepsie. Maar teologies sou ek daarop wou antwoord dat dit juis die teenoorgestelde behoefte is as dít wat Jesus in sy lewe geleer en geïllustreer het: Hy het Homself juis dikwels geassosieer met diegene wat anders as Hy was! (Samaritane, Grieke, Romeine, vroue, melaatses, tollenaars, ensovoorts). Om dus ’n voorstelling van Jesus te wil maak wat soos ons lyk, is in wese ’n oortreding van die tweede gebod, en dit druis lynreg in teen Jesus se leer en lewe.”

Dis belangrik dat ons as Christene vanuit ʼn geloofsperspektief hierna kyk, en nie vanuit ʼn politiek-wetenskaplike hoek nie.

Past Theo Theron van die AGS Siloam in Bloemfontein reageer soos volg op die kwessie: “Vir my is die vraag egter heeltemal irrelevant. In ons tyd is daar talle sulke vrae wat opduik. (Baie van dit polities gelaai.) My opinie is dat dit dan die fokus afhaal van wat regtig belangrik is. (Van dit wat ewigheidswaarde het.) Vir my maak dit glad nie saak watter velkleur Jesus gehad het nie. Wat saak maak is dat Hy as mens gebore is; gely en gesterf het aan ʼn kruis (vir my sonde); graf dood en hel oorwin het deur op te staan uit die dood; toe opgevaar het hemel toe om vir my ʼn plek te gaan voorberei; en nou verwag ek dat Hy sal kom om my (Sy bruid) te kom haal (deur die dood of deur Sy wederkoms). En dis eintlik al wat vir my saak maak.”

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem

Alles spekulasie. Niemand weet hoe Jesus lyk nie. Niemand. Sal dit nie wonderlik wees as die mens begin om die opdragte van die Woord te volg en uit te leef nie. JESUS, “kom tog gou”.

Theo

Die wet van God sê duidelik om nie n afbeelding te maak van wat bo in die hemel en hieronder op die aarde is nie en nie neerbuig voor so beeld nie, So ek steer myself anyway nie aan enige afbeelding van Jesus nie want die beelde, prente ens is mens gemaakte afbeeldings so ek buig nie voor dit nie. Jesus is ons verlosser en het vir ons sondes gesterf en dit is wat saakmaak nie n verpolitisering en n rasse argument nie.

Pieter

Dis maar net weer n voorbeeld van die mens se sinnelose manier om Jesus te probeer veralgemeen. Wat belangrik is om Jesus as jou verlosser te aanvaar, wat vir jou as n weergebore Christen aan die kruis gesterf het om die sonde vloek op hom te neem, wat die ewige dood was. In Openbaring is Johannes se verwysing na n verheerlikte Jesus, niks te make van hoe Jesus gelyk het toe hy op die aarde gewandel het voor sy kruisiging nie.

AmY

Ek dink steeds Hy het gelyk soos die Joode.
Omdat Hy nie ‘juis anders’ as die mense van Sy tyd gelyk het nie, wou mense nie glo dat Hy die Verlosser was nie.
Niks aan Hom was anders as die mense van Sy tyd nie.
Net my beskeie mening.

Andrew

Mooi. Die nugter denkers moet uitspreek teen die “one size fits all blm” valse propeganda en haat stokery