Nuusvoorspelling vir 10 April

Reint Dykema

1. Onderwys
– Die vakbond Sadtu dui aan dat hul met ʼn sloerstaking gaan begin.
– Die veldtog is gemik teen die Minister van Onderwys Angie Motshekga.
– Breër moet dit gesien word as die Vavi-faksie in Cosatu wat teen die ANC mobiliseer.
– Die sloerstaking sal onwettig wees.

2. SAR
– Noudat die SANW vandag aangekondig het dat al die troepe uit SAR terug is in Suid-Afrika moet daar nabetragting gehou word oor wie was verantwoordelik vir die fiasko.
– Soldate ontvang trauma behandeling .
– Weermag maak aanspraak dat hulle tussen 600 tot 1000 rebelle doodgeskiet het.

3. Julius Malema
SARS moet antwoorde verskaf oor hoekom is Julius Malema se saak vandag van die rol geskrap is.
– Aanduidings bestaan dat Malema se hofsaak wel later die week sal plaasvind nadat hy vir uitstel gevra het.

4. ANC
– DA gaan Woensdag kriminele klagtes lê teen Kommunikasie minister Dina Pule. Klagtes handel rondom korrupsie met aanstellings in haar departement.

5. Chris Hani
– Chris Hani is vandag 20 jaar gelede vermoor. Cosatu het dit herdenk. Die res van die bevrydingsbewegings het vergeet van die geleentheid
– Clive Derby-Lewis wat lewenslange tronkstraf uitdien wil jammer sê vir die moorde

6. Na Mandela
Die Presidensie is ongelukkig oor opmerkings van professor Jonathan Jansen oor oud president Nelson Mandela

7. Arbeid
– Sloerstaking by Northam duur voort. Maatskappy dreig dat hy werkers kan afdank
– Vertroue in vakbonde daal volgens studie.

8. Misdaad en howe
– Arme volstruise op Oudtshoorn. Stropers steel hul vere en nou is daar ook weer tekens voëlgriep (H7N) op plaas by Oudtshoorn gevind.
– Verhoor van twee moordenaars op David Hall gaan voort. Staat sluit sy getuienis af en een van die beskuldiges begin getuig.

9. Aganang
– Suid-Afrika hoor van die Aganang munisipaliteit nadat ʼn AudiQ5 vir die burgemeester aangekoop word.
– Een van die armste gebiede in Suid-Afrika.

10. Noord Korea
– Noord Korea waarsku buitelanders om Suid Korea te verlaat.
– Die SA regering is bekommerd oor die spanning tussen die twee lande.
– Daal is heelwat Suid-Afrikaners wat veral in Suid-Korea skool gee.

11. Ekonomie
– Verbruikersvertroue is op die laagste vlak in ʼn dekade
Pravin Gordhan noem dat die SA Reserwe bank dit reggekry het om ekonomiese groei en werkskepping gebalanseer het met beleidsbesluite.
Petrolprys kan daal met 60c per liter en sowat 40c per liter vir diesel volgende maand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

H J Bester ·

Al die jongste nuusgebeure dui maar net op die chaos wat in Suid-Afrika heers vanweë die onvermoë van die ANC-regering om die land doeltreffend te bestuur. Alle strukture wat die landsadministrasie en die onderbou van die ekonomie moet ondersteun, het geknak onder verwronge sieninge en ideologieë van die ANC-regering. Gebrek aan ondervinding en insig is die leemte.

Reint Dykema ·

Goeie opsomming van die staatsverval wat tans plaasvind. Tussen die wrakstukke kom die nuus uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.