1. Onderwys
– Die vakbond Sadtu dui aan dat hul met ʼn sloerstaking gaan begin.
– Die veldtog is gemik teen die Minister van Onderwys Angie Motshekga.
– Breër moet dit gesien word as die Vavi-faksie in Cosatu wat teen die ANC mobiliseer.
– Die sloerstaking sal onwettig wees.
2. SAR
– Noudat die SANW vandag aangekondig het dat al die troepe uit SAR terug is in Suid-Afrika moet daar nabetragting gehou word oor wie was verantwoordelik vir die fiasko.
– Soldate ontvang trauma behandeling .
– Weermag maak aanspraak dat hulle tussen 600 tot 1000 rebelle doodgeskiet het.
3. Julius Malema
– SARS moet antwoorde verskaf oor hoekom is Julius Malema se saak vandag van die rol geskrap is.
– Aanduidings bestaan dat Malema se hofsaak wel later die week sal plaasvind nadat hy vir uitstel gevra het.
4. ANC
– DA gaan Woensdag kriminele klagtes lê teen Kommunikasie minister Dina Pule. Klagtes handel rondom korrupsie met aanstellings in haar departement.
5. Chris Hani
– Chris Hani is vandag 20 jaar gelede vermoor. Cosatu het dit herdenk. Die res van die bevrydingsbewegings het vergeet van die geleentheid
– Clive Derby-Lewis wat lewenslange tronkstraf uitdien wil jammer sê vir die moorde
6. Na Mandela
– Die Presidensie is ongelukkig oor opmerkings van professor Jonathan Jansen oor oud president Nelson Mandela
7. Arbeid
– Sloerstaking by Northam duur voort. Maatskappy dreig dat hy werkers kan afdank
– Vertroue in vakbonde daal volgens studie.
8. Misdaad en howe
– Arme volstruise op Oudtshoorn. Stropers steel hul vere en nou is daar ook weer tekens voëlgriep (H7N) op plaas by Oudtshoorn gevind.
– Verhoor van twee moordenaars op David Hall gaan voort. Staat sluit sy getuienis af en een van die beskuldiges begin getuig.
9. Aganang
– Suid-Afrika hoor van die Aganang munisipaliteit nadat ʼn AudiQ5 vir die burgemeester aangekoop word.
– Een van die armste gebiede in Suid-Afrika.
10. Noord Korea
– Noord Korea waarsku buitelanders om Suid Korea te verlaat.
– Die SA regering is bekommerd oor die spanning tussen die twee lande.
– Daal is heelwat Suid-Afrikaners wat veral in Suid-Korea skool gee.
11. Ekonomie
– Verbruikersvertroue is op die laagste vlak in ʼn dekade
– Pravin Gordhan noem dat die SA Reserwe bank dit reggekry het om ekonomiese groei en werkskepping gebalanseer het met beleidsbesluite.
– Petrolprys kan daal met 60c per liter en sowat 40c per liter vir diesel volgende maand.
Al die jongste nuusgebeure dui maar net op die chaos wat in Suid-Afrika heers vanweë die onvermoë van die ANC-regering om die land doeltreffend te bestuur. Alle strukture wat die landsadministrasie en die onderbou van die ekonomie moet ondersteun, het geknak onder verwronge sieninge en ideologieë van die ANC-regering. Gebrek aan ondervinding en insig is die leemte.
Goeie opsomming van die staatsverval wat tans plaasvind. Tussen die wrakstukke kom die nuus uit.