Nuusvoorspelling vir 11 April

Reint Dykema

1. Chris Hani se dood herdenk
– Herdenking is gebruik as politieke platform om pleisters te plak op spanning in die ANC-alliansie.
President Zuma kap minister Trevor Manuel oor sy “apartheid” opmerking van verlede week.
– Zuma standpunt is soos volg: It is “impossible that within 20 years you could change the damage of centuries.”
– Die DA gee ʼn verklaring uit waar hul verklaar dat Hani vir sy beginsels gesterf het.
– Die Jong Kommuniste-liga versoek dat Hani se dood weer ondersoek word.

2. ANC
DA lê klagtes teen Dinah Pule weens korrupsie na Sunday Times-artikel.
– ANC kondig taakspan aan wat ANC-jeugliga moet lei. Taakspan bestaan uit 22 lede.

3. Nelson Mandela
Twee van Nelson Mandela se dogters wil nie meer hê dat advokaat George Bizos en Tokyo Sexwale meer dien op maatskappye wat vir Mandela gestig is nie.

4. DRK
Volg die M23-rebelle op Twitter. Rebelle heel ingelig oor die politieke situasie in Suid-Afrika.
– Die M23 stuur ʼn ope brief aan die SA-regering en publiek waar Suid-Afrika gewaarsku word om uit die Kongo te bly.

5. Julius Malema
Volgens Julius Malema se regspan sal hy al sy bates bekendstel aan sy kuratore.
– Hofsaak eers van die baan as Malema saamwerk.

6. Margaret Thatcher
– Huldeblyke vandag in die Britse parlement gelewer.
– Debat in die Washington Post en ander media of Thatcher gehelp het met die afskaffing van apartheid.
– Pallo Jordan verwelkom die dood van Thatcher. Sy standpunt ontlok baie kommentaar.

7. Misdaad en howe
– Vyf diewe is in Oudtshoorn gearresteer vir die diefstal van volstruisvere.

8. Munisipaliteite
Inwoners van Sasolburg hou optog. Vies vir die burgemeester oor beweerde korrupsie in die stadsraad.
– Die Sasolburg-stadsraad maak bekend dat hy raadslede sal ondersoek vir korrupsie.
– Die Openbare Beskermer maak bekend dat oorverhaling van rekeninge deur diensverskaffers aan munisipaliteite ʼn groot probleem is.

9. Werkskepping
– Die rol van ʼn moderne vakbond is om vir sy lede welvaart te skep, nie om werk te skep nie. Welvaart kom deur die opleiding, navorsing en advies en bedinging wat Solidariteit vir sy lede bied, sodat lede altyd gereed is vir die geleenthede wanneer nuwe poste ontstaan of wanneer ou poste aangepas word. Só gaan al ons lede vooruit, binne én buite die werksplek: as werkers met beter werke en as verbruikers met groter koopkrag in hul sak. Kyk You Tube video.
– Adcorp se indeks vir Maart wys op werksverliese van 33 000. Die syfer stem egter nie ooreen met Artikel 189-kennisgewings wat vakbonde ontvang het nie.

10. Ekonomie
– Die SAL stel Monwabisi Kalawe aan as hul nuwe uitvoerende hoof.
– Volgens Landbou.com eet een Suid-Afrikaner verbruik per jaar gemiddeld 8kg tamaties, sê ZZ2.

11. TV
DStv se nuwe pakket behels dat jy kykNET net op ʼn hoëpremie-pakket kan kyk. Verbruikers boos.
SAUK verwelkom hulle raad van vyf nuwe raadslede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

H. Basson ·

Ek dink die mense moet saamstaan en n slag vir Dstv boikot, hulle raak nou te gulsig, gun mense wat alreeds min geld het niks. Ons het Dstv want ons ouer mense is vasgevang by ons huise a.g.v. Misdaad.

H J Bester ·

Die geheelprentjie van die toneel in Suid-Afrika bly daagliks maar min of meer dieselfde, naamlik onstabiliteit op alle terreine vanweë swak besluitneming, swak bestuur en die aanstelling van deurgaans onbevoegdes.

Verder is daar ‘n groot gebrek aan insig by die bewindhebbers en word hulle deurgaans meegevoer deur uitgediende idiologieë wat geen bydrae kan maak tot goeie sakebesluite en landsbestuur nie. Werkloosheid en swak ekonomiese resultate sal aan die orde bly.

johan storbeck ·

Goeie more Mnr. Dykema, uiteindelik kan ek ‘n gesig agter u naam sit, daar is nie ‘n dag wat ek nie na u luister op Radio Pretoria nie, ek geniet die laggie met genoe, dankie vir u goeie bydrae, Gewaardeerde luisteraar in potgietersrus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.