1. E-tol
– E-tol begin binne twee maande in Gauteng
– Sanral beplan dat 2 miljoen voertuie vir tol sal registreer. Tans is daar 600 000 registrasies. Heelwat hiervan is regeringsvoertuie.
– Volgens die DA is dit nou die mense teen die regering.
2. ANC
– President Zuma vier Vrydag sy 71ste verjaarsdag.
– Herdenking van Chris Hani se dood is gekenmerk deur spanning in die alliansie.
– Dinah Pule ongelukkig oor DA kriminele klagtes teen haar.
– ʼn 22 man-taakspan word deur die ANC aangestel om die ANC-jeugliga te lei. Lede is almal Zuma lojaliste.
– Die departement van openbare werke is deur die hof beveel om die tenderdokumente rondom Manaka Eiendomme se verhuring van geboue in die Pretoriase middestad aan AfriForum beskikbaar te stel.
– Nelson Mandela se kinders baklei steeds oor beheer van maatskappye wat Mandela handelsnaam bemark.
3. Kongo
– DA versoek sitting van die parlement om troepe aan die Kongo te bespreek.
– M&G werp meer lig oor SA troepe in die Kongo.
– Exxaro wil R2 miljard spandeer aan sy ysterertsoperasie in die Kongo.
4. Regters
– AfriForum en die Vereniging van Regslui vir Afrikaans veroordeel Regter Cynthia Pretorius se siening tydens die sitting van die Regterlike Dienskommissie dat Engels Suid-Afrika se enigste hoftaal moet wees
– Vier vroue en twee mans word aanbeveel as regters. Pretorius is nie een van hulle nie.
5. Arbeid
– Volgens die SAIRR het stakings die land verlede jaar R15 miljard gekos.
– Fedusa bevraagteken die manier waarop Adcorp sy werkloosheidsyfers bereken.
6. Misdaad en hof
– Reeds 227 renosters vir die jaar gestroop.
– Beskuldigdes in die moordsaak van David Hall word vrygespreek.
– Advokaat Dali Mpofu is in ʼn stabiele toestand in die Oos-Kaap hospitaal nadat hy gesteek is.
7. Onderwys
– SADTU noem dat sy lede nie staak nie maar sewe ure per dag in die klas bly.
– Volgens ʼn verslag van die Wêreld Ekonomiese Forum doen slegs Yemen slegter as Suid-Afrika met wiskunde en wetenskap opleiding wêreldwyd.
8. Ekonomie
– Volgens minister Malusi Gigaba kan Medupi voor die einde van die jaar krag lewer. Staking begin by Kusile wat ook gebou word.
– Gigaba het inspeksie by Medupi gedoen en sommer met die rondloop foute daar raakgesien.