Nuusvoorspelling vir 15 Mei

Reint Dykema

1. Lonmin
– Duisende werkers staak by 13 skagte van Lonmin. Stakers versoek dat NUM die myn moet verlaat.
– Die polisie het versterkings gestuur na Marikana. Meningsvormers begin praat van Marikana 2.
– Mynwerkers by Marikana ontvang groot steun van linkse politieke partye.
– Vrae word gevra of Amcu die mas sal opkom met die jaar se loononderhandeling.

2. ANC
– Verslag oor Gupta landing op Waterkloof is voltooi maar dit gaan nie nou aan die publiek bekendgemaak word nie.
– Minister Siyabonga Cwele beskryf dit as ʼn “tussentydse verslag”. Ministers moet nou besluit wat is die pad vorentoe.
– Die Guptas maak bekend dat hul nie meer openbare kommentaar gaan lewer oor Guptagate nie.
– Die Guptas deel glo kospakkies uit aan ANC ondersteuners op Rustenburg tydens takverkiesing.
– Die ANC in die Vrystaat het gerugte ontken dat hulle arm wittes as handpoppe gebruik om stemme vir volgende jaar se algemene verkiesing te werf.
– Cosatu maak nuwe e-tolprotesplanne bekend vir die maand.
– Debat in die parlement rondom e-tol is uitgestel

3. Arbeid
– Die vakbond Solidariteit het ʼn geskil na die KVBA verwys ná loononderhandelinge tussen vakbonde en die telekommunikasiereus, Telkom, op ʼn dooiepunt uitgeloop het.

4. Misdaad
Fietsryervideo is reeds meer as 100 000 keer gekyk op YouTube. Klagtes is by die SAPS ingedien teen die fietsryer.
Roof by die FNB-stadion ná Justin Bieber-konsert word as binnemisdaad beskryf. Beloning is uitgeloof vir meer inligting wat kan lei tot inhegtenisname van skuldiges.
– Chanelle Hening se pa blameer Nico Henning vir haar moord
eNuus berig dit het die polisie vier dae geneem om kringtelevisie-beeldmateriaal te bekom wat wys hoe ‘n winkeleienaar in Kaapstad doodgeskiet word.
– Daar word verwag dat Cyril Karabus Woensdag of Donderdag uit die Verenigde Arabiese Emirate kan vertrek nadat hy sy paspoort teruggekry het.
– Arthur Brown word gevonnis vir die Fidentia saak.

5. Ekonomie
– Regering wil die volgende vyf jaar een triljoen spandeer op infrastruktuurontwikkeling.
– Agri-SA noem by Nampo dat die Suid-Afrikaanse boere die minste staatsteun uit al die Brics-lande ontvang.

6. Media
– Die 2013 Wêreld-persfoto van die jaar is glo met Photoshop gedokter en vervals.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.