Nuusvoorspelling vir 16 April

1. Vleisskandaal
Kettingwinkels word geïdentifiseer wat nie die korrekte etikette op vleis aangebring het nie.
– Volgens City Press is daar 82 produkte wat nie aan die vereiste voldoen nie.
Miljarde rande is ter sprake as ʼn regeringsondersoek kan bevind dat daar met etikette van vleisprodukte gepeuter is.

2. E-tol
Stelsel is onder druk indien motoriste weier om e-skyfies te koop.
– Die DA is nie van plan dat die N1 en N2 snelweë in die Wes-Kaap getol gaan word nie.
– Volgens die DA gaan inwoners van Mitchells Plain en Khayelitsha wat na Kaapstad se sakegebied reis die swaarste getref word.

3. ANC
– Die SA-regering staan ʼn lening van R900 miljoen toe aan Zimbabwe om in 2013 verkiesing te hou.
– ʼn Skildery met ʼn wit president Zuma en Mandela is van ʼn kunsuitstalling in Nelspruit verwyder.
– Limpopo premier Cassel Mathale ontken dat hy ondersoeke belemmer van senior amptenare wat sy belange beskerm.
– Die IVP vra dat bewerings ondersoek word dat familie van president Zuma sub-tenders ontvang het om Nkandla te help bou.
– President Zuma besoek die week Nigerië en Algerië
– Die Gupta’s beplan ʼn duur troue vir een suster by Sun City

4. Mervyn Rees oorlede
– Mervyn Rees was een van Suid-Afrika se bekendste ondersoekende joernaliste en is aan kanker oorlede. Hy het help om die Inligtingskandaal te ontbloot.

5. Nelson Mandela
– Rusie tussen kinders en trustees dreig om in die hof te draai.
– Volgens Graca Machel gaan dit goed met Madiba se gesondheid

6. Margaret Thatcher
– Volgens die IVP vertrek Mangosuthu Buthelezi Dinsdag om die begrafnis by te woon.

7. Arbeid
– Cosatu ontken dat hul hoofsekretaris Zwelinzima Vavi ondersoek word.
– Die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika hou ʼn mediakonferensie waar hul beplande afleggings verdedig.
– Staking by Northam Platinum se Zondereinde myn duur voort.
– Sowat 2000 Nehawu lede staak by Netcare.
SADTU se sloerstaking duur voort.

8. Misdaad en hofsaak
Johan Kotze verhoor hervat. Saak kan die week eindig.
– Wouter Basson-saak begin weer.
– In Chanelle Henning-moordeverhoor beweer verdagte hy is aangerand in die tronk
– Marikana hervat Dinsdag sonder advokaat Dali Mpofu wat herstel van messteek.

9. Munisipaliteite
– Nersa beveel noem dat ʼn 7% styging moet dien as riglyn in styging van munisipaliteite se kragverhogings.
– AfriForum soek verslag waar 81% van persone aandui dat Pretoria se naam nie moet verander nie.
– Die ANC wil nie kommentaar lewer oor korrupsiebewerings in die Cederberg-munisipaliteit
– AfriForum dreig met dringende regstappe sodat die Madibeng-munisipaliteit inwoners se krag, wat onwettig afgesny is, herstel word.

10. Ekonomie
– VPI-data later die week kan skok. Dit is veral voedselpryse wat groot stygings toon.
– Op die JSE doen goudaandele baie sleg en dit trek die hele mark af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.