Nuusvoorspelling vir 16 Mei

Reint Dykema

1. Lonmin
– AMCU beëindig staking by Lonmin
– Die kwessie oor die meerderheidvakbond by Lonmin word verhoor deur die KVBA
– Die platinumaandele is onder druk en Moody’s waarsku teen afgradering.
– Loononderhandeling in mynbou moet nog begin en gaan die moeilikste wees sedert 1994.

2. Guptagate
Ministers kyk na verslag wat opgestel is oor die kwessie. Terugvoer sal tydens ʼn mediakonferensie gegee word.
– Die geskorste Gauteng polisiekommissaris maj.gen Phumza Gela is by die werk sonder enige verduideliking.

3. ANC
– Die SAKP versoek dat die NOP (Nasionale Ontwikkelingsplan) en Trevor Manuel moet gaan. Versoek word deur Numsa gesteun.
– President Zuma en lede van sy kabinet is op besoek aan Rusland

4. Arbeid
– Vakbonde by Transnet beding ʼn 8.5% loonverhoging en vir 2014 is dit 9%.
– Village Main Reef kondig aan dat hy die Buffelsfonteinmyn gaan sluit.
– Die DA beskuldig Cosatu dat hul werkloosheid bevorder omdat hul nie die jeugsubsidie steun nie.
– Jaarliks is daar 160 000 sake voor die KVBA. Die werkgewers wen 60% van die sake.

5. Misdaad
– J Arthur Brown kry vonnis van R150 000 in die Fidentia-saak.
– Die fietsryervideo waar Hein van der Merwe aangerand word is reeds meer as 184 000 keer op YouTube gekyk.
– Chanelle Henning-saak tot 1 Julie uitgestel.
– Ten minste 20 seuns reeds dood by inisiasieskole in Mpumalanga.
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
– Reeds 313 renosters gestroop in 2013
– Polisie hou misdaadbekampingsaksie in Eldoradopark.

6. Onderwys
Unisa-vraestelle uitgelek. Sekere vakke word nou later geskryf.

7. Ekonomie
– Senwes bereik skikking met Kompetisie-tribunaal.
– Eskom en SAUK begin met kragbesparingsveldtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.