Nuusvoorspelling vir 17 April

Reint Dykema

1. Aardbewing
ʼn Aardbewingwat 8.0 meet op die Richterskaal vind op die grens tussen Iran en Pakistan plaas. Minstens 40 mense is dood.

2. Bomontploffings
Twee bomontploffings vind tydens die Boston-maraton plaas.
– Niemand aanvaar nog aanspreeklikheid vir die ontploffings nie.
– Die FBI neem beheer oor van ondersoek.

3. ANC
– Die ANC het nog nie die toekoms van sy Noord-Kaapse leier, John Block, bespreek wat van korrupsie aangekla word nie.
– DA vra uitsluitsel oor die bepalings van die R900 miljoen-lening aan Zimbabwe.
DA op soek na dokument wat tussen Suid-Afrika en Sentraal-Afrikaanse republiek gesluit is.
– President Zuma handel besoek af aan Algerië

4. Margaret Thatcher
– Begrafnis vind Woensdag plaas.
– Klagtes oor die koste van die begrafnis wat gereken word op £10 million.
– Oud president FW de Klerk gaan ook geleentheid bywoon.

5. Arbeid
– Numsa vra weer vir herevaluering van die NOP.
– “Margaret Thatcher – An Arch-Enemy of the Working Class” is tema van Numsa-bespreking Woensdag.
– Die vakbond Nehawu se lede staak by Unisa.

6. Misdaad en hof
Johan Kotze getuig vandag self in die Modimolle-moordverhoor. Kotze probeer in sy getuienis die indruk skep dat hy nie verantwoordelikheid vir sy dade kan aanvaar nie weens stres en swak oriëntering.
– In die Wouter Basson-saak getuig kundige oor chemiese wapens. Werking van sianied is bespreek.
– Marikana-verhoor hervat met besluit om verhoor te verskuif wat uitgestel word na volgende week tot advokaat Dali Mpofu weer kan bywoon.
– Jannie Odendaal en Abel Thwala word onskuldig bevind in die hof. Solidariteit versoek dat SAPD hul tugverhoor laat vaar.
Ouma wat glo steel word aangerand deur veiligheidswagte. Kyk YouTube-video.
DBV kla sirkus aan van mishandeling van olifant. In Engeland mag geen sirkus meer wilde diere van 2015 gebruik nie.
– Grondwetlike hof lewer Donderdag uitspraak in AfgriSA se hofsaak oor minerale regte.

7. Munisipaliteite
– AfriForum weer in hof oor Pretoria straatname

8. Ekonomie
– Poskantoor is verlede jaar bedryf teen R170m verlies.
– ArcelorMittal se Vanderbijlpark aanleg hervat weer volle produksie na brand vroeër vanjaar.
– Die IMF los Suid-Afrika se groei vooruitskatting vir 2013 op 2.8%. Groei vooruitsigte vir 2014 word afwaarts aangepas to 3.3%

9. Sport
Die SA-swemproewe word uitgestel weens water te vuil is.
– Oud-springbokkaptein John Smit word die uitvoerende hoof van die Sharks.

10. Weer
– Nat en koue toestande in die Kaap. Nooddienste op gereedheidsgrondslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.