Nuusvoorspelling vir 18 April

Reint Dykema

1. Margaret Thatcher begrafnis
Britse Koningin lei verrigtinge
– VSA stuur nie hoëvlak afvaardiging na begrafnis nie.

2. Bomontploffings in Boston
FBI benodig foto’s, video’s en informasie
– Ontploffing is veroorsaak deur gasbottels gevul met spykers.
– Daar is steeds 69 slagoffers in die hospitaal waarvan 24 kritiek is.
ANC veroordeel ontploffings maar vergeet van hul bomontploffings.
– Vraag word gevra wat verskil die ontploffings met die van “drones” wat deur die VSA gebruik word in die Midde Ooste
Verdagte brief aan president Barack Obama is onderskep

3. ANC
– Die IVP en ACDP is ten gunste van R900m lening aan Zimbabwe indien dit vir verkiesing gebruik sal word.
– ANC spreek afkeer uit oor verslag wat Tina Joemat-Pettersson se bestuur en bevoegdheid bevraagteken. Kwessie word Donderdag in portefeulje komitee in die parlement bespreek.
– President Zuma lig die parlement in dat SA troepe tot einde April 2014 in die Kongo en Sudan sal bly.

4. Na-Mandela
– Kleindogter van Mandela kritiseer advokaat George Bizoz wat kwansuis haar ma sou belaster.

5. Arbeid
– Die vakbond Fawu stel voor dat ʼn spesiale Cosatu kongres gehou word om probleme rondom Zwelinzima Vavi se leierskap te bespreek.
– ʼn Jeugverdrag word via Nedlac deur Cosatu, Nactu en Fedusa geteken wat die omstrede jeugsubsidie moontlik kan maak.
– Die vakbond Sadtu betoog in Durban en eis bedanking van Angie Motshekga.
Die vakbond Nehawu staak steeds by Unisa en Netcare
– Solidariteit hou kongres en aanvaar resolusies teen regstellende aksie.
– Helen Zille verdedig die Wes-Kaap se diensgelykheid syfers.

6. Misdaad en hof
– Johan Kotze vertel hof dat Conrad Bonnette ʼn goeie seun was
– Wouter Basson verhoor word uitgestel na 15 Julie.
– In Satanistiese moordverhoor getuig slagoffer se ma. Beskuldigdes pleit onskuldig.
Video van Ouma wat deur veiligheidswagte aangerand word, gaan viraal. Daily Sun het storie gebreek. Presidensie veroordeel voorval.
– Konstitusionele Hof gee uitspraak in minerale regte saak.
– In die Marikana verhoor word getuig dat polisie besluit het om skerppunt ammunisie te gebruik

7. Onderwys
– Die SAIRR berig dat 84 skole oor Suid-Afrika nie wiskunde aangebied het vir graad 10, 11 en 12 leerlinge.
Een uit vyf of nagenoeg ʼn miljoen leerlinge ondervind geweld op Hoërskool.

8. Munisipaliteite
– AfriForum se Madibeng kragsaak word uitgestel tot Vrydag

9. Ekonomie
Telkom onderneem om boete van R449m te betaal. Twee vakbonde in Telkom dreig met loonstaking.
– Die DA en Cosatu is in bekgeveg oor tol in die Wes-Kaap.
– BEE seminaar vind plaas. Solidariteit gaan sy standpunt stel saam met BMF en AHI. Verwag vuurwerke.

10. Sport

– Swem
Nasionale swemkampioenskappe in Port Elizabeth is weer uitgestel. Water was skoon om 3:00 Woensdagoggend, maar is weer vuil na ‘n ander pyp gebars het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.