Nuusvoorspelling vir 19 April

Reint Dykema

1. Ontploffings in VSA
– Tussen 5 en 15 mense sterf in ontploffing by kunsmisfabriek in Texas. Meer as 200 mense is beseer. Kyk na video en foto’s van ontploffing.
Foto’s van verdagte in Boston-ontploffinggaan bekendgestel word.

2. Margaret Thatcher begrafnis
Mangosuthu Buthelezi word aangesien as Ray Charles by die begrafnis.

3. ANC
– Die ANC is vies vir die DA wat gebruik maak van Nelson Mandela in hul bemarking

4. SAR
– Geweld vererger in die SAR
– Diplomatieke notas tussen die SA-regering en die SAR-regering fokus weer op die SANW-ontplooiing in die land.

5. Arbeid
– Satawu begin Vrydag met nasionale staking by Putco. ʼn 48 uur-stakingskennisgewing is op die werkgewer bedien.
– Bykans 10 000 polisiemanne is geskors met volle betaling.
Vavi beskuldig onsigbare bronne wat stories lek oor verdeeldheid in Cosatu van verraad.
– Unisa se Sunnyside-kampus sluit na oproer van Nehawu-stakers wat insluit dat die ingang met brandende buitebande versper is.
– Die Solidariteitkongres word meegedeel dat Solidariteit in 2012 ʼn totale direkte waarde van R220,8 miljoen toegevoeg het aan sy lede.

9. Diensgelykheid
– Die diensgelykheidverslag is vandag bekendgestel. Volgens die verslag domineer witmense steeds in die bestuursposisies.

10. Misdaad en hof
Johan Kotze vertel die hof dat sy geheueproses agteruit begin gaan het die aand wat hy Ina Bonnette met ʼn ander man gesien het.
Verdagte aangekeer vir die moord op dr. Carl Mischke.
– In die Sataniese moordverhoor word getuig dat Kirsty Theologo versoek het om geoffer te word.
– AfgriSA verloor aansoek vir vergoeding van minerale regte. AfriForum prokureur Willie Spies beskryf dit as ‘n kwade dag vir eiendomsreg na konstitusionele hof uitspraak oor minerale. “Use it or loose it” nou ‘n erkende beginsel.
Helikopters bly in SA, minister moet kostes betaal
– Reeds 232 renosters is gestroop in 2013.

11. Munisipaliteite
– Emalahleni (Witbank) is onder voorlopige administrasie geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.