Nuusvoorspelling vir 21 Mei

Reint Dykema

1. Guptagate
– Gwede Manatshe noem dat die Guptaskandaal ‘n saak is vir die regering en nie die ANC nie. Trouens die kwessie het die ANC verenig.
– ANC ontsteld dat die publiek steeds dink dat president Zuma iets met Guptagate te doen het.
– Regering het Sondag ʼn mediakonferensie oor die geleentheid gehou wat meer as ʼn klug beskryf is. Daar is baie vrae met min antwoorde.
– Waterkloof-lugmagbasis is glo nie ʼn nasionale sleutelpunt nie.
– Vrae word gevra oor die waardasie van die Guptas se eiendom in Saxonwold.

2. ANC
– Die ANC gee terugvoer oor hul nasionale uitvoerendekomitee-vergadering wat die naweek gehou is. Meeste van die tyd word spandeer aan vrae rondom Guptagate.
– Oudpres. Nelson Mandela se dogters gaan hom glo dagvaar vir die regte tot sy kunswerke en om sy geldsake te beheer.
– Winnie Mandela se besittings word verkoop om skuld te betaal. Haar prokureurs probeer stokkie voor veiling steek.

3. Arbeid
– Die ANC verkies dat daar “afstand” tussen hulle en Cosatu kom. Dit gee Cosatu ruimte om “nonsens” op hul eie te praat.
– Numsa-staking by Mercedes-Benz eindig Maandag. Maatskappy het hofinterdik bekom wat staking onwettig verklaar het. Numsa noem dat interdik gerespekteer sal word.
– Minister Lindiwe Sisulu beplan ʼn regeringskool waar staatsdiensamptenare heropgelei gaan word om dienslewering te verbeter. Sy voer aan sy het die inkoop van vakbonde.
NUM en Solidariteit het hul eise aan die Kamer van Mynbou gestuur vir die loononderhandelings.
– Gwede Mantashe vra dat NUM en AMCU by arbeid-spelreëls moet hou.
– Die rand en mynboumaatskappy-aandelepryse val ná die indien van die eise.
– BEE-groepe noem dat hulle ʼn groter deel van staatskontrakte moet kry.

4. Wit armoede
– Die BBC saai Maandagaand om 23:30 ʼn dokumenter uit met die tema of witmense ʼn toekoms het in Suid-Afrika. Meningsvormers kritiseer die program.

5. Vuyo Mbuli
Medelye en huldeblyke vir Vuyo Mbuli, wat die afgelope naweek gesterf het, stroom steeds in. Gedenkdiens vind Woensdag plaas en begrafnis word Vrydag gehou.

6. Misdaad en howe
– In die beweerde Satanistiese moordverhoor hoor die hof dat die vermoorde Kirsty Theologo die petrol gekoop het waarmee sy vermoor is.
Kerkstraatbom se herdenking vind plaas: Foto’s: Kranslegging gedenk 30 jaar ná Kerkstraat-bom
27 seuns het reeds by inisiasieskole gesterf

7. Onderwys
– AfriForum het die ouers van kinders wat vir 2014 in Gautengse laer- en hoërskole ingeskryf moet word, dringend daaraan herinner dat die inskrywings op 21 Mei 2013 sluit.
– Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut het die Sol-Tech-studente wat hulle studies met die hulp van die Instituut afgehandel het, met hierdie mylpaal gelukgewens

8. Munisipaliteite
– Pretoria-burgemeester Kgosientso Ramokgopa besluit om inwoners van Kleinfontein buite Pretoria vandeesweek te besoek.
– ʼn Gedeelte van die N2-hoofweg in Kaapstad moes Maandag vir verkeer gesluit word nadat betogers oor swak dienslewering die pad versper het.
– Helen Zille skryf op Twitter: “Unbelievable that a wage dispute within a private toilet-cleaning company can result in workers closing down a highway.”

9. E-tol
Katolieke kerk veroordeel e-tol. Noem dat die proses nie deursigtig is nie en bevraagteken die koste-aspek. Ondersteun Outa se hofaksie.
– Genoeg geld word glo deur die regering se brandstofheffings ingevorder om te betaal vir nuwe paaie en padonderhoud; e-tol is onnodig, wys ‘n studie.

10. Ekonomie
– Eskom kry die groen lig om ʼn windplaas te bedryf.

11. Sport
– Oscar Pistorius noem dat hy nie weer vanjaar gaan deelneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Al wat mens met sekerheid oor die nabye toekoms kan sê is dat die Teflon mannetjie, ene J Zuma, weer als soos water van ‘n eend se rug sal laat afgly. Wat sê Google oor Teflon® ? “It is an extremely slippery synthetic substance”

H J Bester ·

BEE-groepe wil glo ‘n groter deel van Staatskontrakte kry. Hoe ookal sy, sal dit net groter korrupsie in die hand werk en swakker dienslewering en kwaliteit meebring.

Reint Dykema ·

Hallo Ebert. Stuur gerus skakels aan waar die Orania storie in ander media verskyn het. Met die opstel van die nuusvoorspelling kyk ek na die nuuswaardigheid van elke item en storie. Neem Kleinfontein as voorbeeld op die oomblik. Kleinfontein is nuuswaardig omdat die storie eerste in die Sunday World verskyn het. Dieselfde tema is opgevolg met ʼn groot artikel vandag op bladsy 5 van die Pretoria News.

Die artikel wat oor Orania verskyn het was die een: Orania: The place where time stood still
http://www.dailymaverick.co.za/article/2013-05-16-orania-the-place-where-time-stood-still/#.UZsx07tJzZ4

Ebert ·

Reint, die artikel waarna jy verwys is ‘n resensie van ‘n dokumentêre film wat deur ‘n Duitse filmstudent twee jaar gelede gemaak is en tans vir die tweede keer in Suid-Afrika draai nadat dit verlede jaar in Engeland bekendgestel is. Dit is interessant maar sekerlik nie nuus nie. Die artikel het ook verskyn voor die persverklaring waarna ek hierbo verwys.

Om “nuuswaardigheid” te meet aan die aantal koerante wat ‘n storie dra, is teen die tempo waarteen koerante se sirkulasiesyfers daal, ‘n metode wat waarskynlik binne die volgende klompie jare aangepas sal moet word, anders sal ons binnekort slegs van Kim Kardashian se kaskenades hoor.

Daar behoort ruimte te wees vir unieke blikke op gebeure rondom ons, veral in die Afrikaanse mark wat tans deur ‘n enkele mediahuis oorheers word. Byvoorbeeld soos wat Ditsem hier gedoen het:

http://www.ditsem.net/berig.php?id=1134

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.