Nuusvoorspelling vir 22 Mei

Reint Dykema

1.Tornado in VSA
Dodetal verminder na 24.
– Soekoperasies duur voort na slagoffers.

2. eTol
– Die stad Kaapstad se aansoek vir ‘n interdik om die N1/N2 Wynland-tolprojek te keer, is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof toegestaan.

3. Arbeid
Tien stakers beseer in onrus by Rustenburg.
– Die rand verswak vir ʼn negende dag in ʼn ry.
– Pravin Gordhan waarsku dat die land sy arbeidsprobleme moet uitsorteer. As dinge só voortgaan, gaan daar werksverliese wees.
Platinumaandele is ook onder druk.
– Verlede jaar was Suid-Afrika se goudproduksie 167 ton. Die laagste sedert 1905.
– Die ANC wil meer direk inmeng in die bestuur van Cosatu. Die reddingspoging van die ANC se kant gaan nie goed afgaan by Cosatu nie.

4. Guptagate
– Die Indiese regering reik ʼn verklaring uit waarin hulle dit stel dat die nodige goedkeuring bekom is vir die landing op Waterkloof.
– Die ANC onderspeel Guptagate met die oog op die 2014-verkiesing.

5. ANC
– Die balju en afslaer het Dinsdagoggend voor dooiemansdeur te staan gekom om beslag te lê op bates van Winnie Madikizela-Mandela om die skuld wat sy het te vereffen.
– FW de Klerk veroordeel mense wat Afro-pessimisties is. Volgens hom kry Afrika en Suid-Afrika nie genoeg krediet vir dinge wat reg gedoen is nie.

6. VSA
– Barrack Obama besoek Afrika oor ʼn maand.

7. Wit armoede
– ‘n Dokumentêr wat Maandagaand deur die BBC uitgesaai is, het gemengde reaksie ontlok.

8. Misdaad en howe
– Een beskuldige in Anene Booysen-saak vrygespreek.
– Die ANC kritiseer AfriForum Jeug vir hul herdenking van die Kerkstraatbom.
Carl Pistorius word vrygespreek

9. Ekonomie
– Petrolprys vir volgende maand bly onveranderd op die oomblik.
Gautrein se pryse styg met 6%.
– Renduif met die naam van Bolt verkoop in België vir R3,8m.
– Die pensioenfonds van staatsamptenare (GEPF) gaan 25% se aandele, ter waarde van R500 miljoen, in Independent News en Media SA aanskaf. Koerante se sirkulasie daal egter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

H J Bester ·

Dis juis die arbeidsonrus wat die ZAR/US$-waarde nadelig beïnvloed en die koste van invoer-goedere, soos brandstof, laat toeneem. Brandstof maak vervoer weer duurder en sodoende elke item wat ons in die winkel koop – ‘n kettingreaksie wat nimmereindigend bly solank daar looneise is. En die hoë looneise ontmoedig beleggers wat o sy beurt weer die ekonomie laat groei.

Tot tyd en wyl vergoeding vir werk gelewer nie terugkeer na die basis van vraag en aanbod nie maar aangestook word deur vakbondleiers, sal die huidige prysstygings en derhalwe verdere looneinse nie einde kry nie. En so raak die beleggings net minder, werkloosheid meer, eise vir hoër lone groter en sink die land die afgrond in. Hoe droewig is die prentjie tog nie maar sekere markkragte sal die totale verval keer en bly daar dus hoop.

H J Bester ·

Die ANC het reeds sy kaarte, met die oog op die 2014-verkiesing, begin speel en die land sal nog baie daarvan sien. Moet egter nie te bekommerd wees nie – die ANC gaan swakker daarvan afkom as in enige vorige verkiesing want hy het ‘n swak rekord van regeer en bestuur van Suid-Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.